Gestroop met Niël Rademan | Musiek
- Get Tickets
- Details
GESTROOP MET Niël Rademan
Niël sing Afrikaanse volksmusiek en ballades In dié vars en opwindende musiekproduksie.
Hy vervleg dit met Europese liedere en melodieë waarvoor hy bekend is – dis Afrikaans met ’n internasionale kabaretklub-klank soos lanklaas gehoor: die klanke van klavier, trekklavier en mondfluitjie.
Rademan het 20 jaar gelede gedebuteer met herinterpretasies van liedere soos “Sawends” deur Jan Pohl en die immergroen “Boereseun” van Danie Bosman.
Vanjaar keer hy terug na sy wortels en voeg ’n reeks nuwe liedere – vertalings, sowel as musiek uit sy eie pen –hierby.
Word weggevoer op die maat van swing, tango, samba en selfs ’n setees.
Niël sing, vertel stories van sy pad tot hier en begelei homself op die klavier en trekklavier, net soos jare gelede.
Tydsduur: 60 minute
Geen ouderdomsbeperking
Feesnavrae: [email protected] +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees