Gian Groen en Henning Joubert by die Barrel and Blues Roadhouse

Fri. 4 Sep, 2020 at 8:00pm - Mon. 7 Sep, 2020 at 11:55pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Gian Groen en Henning Joubert by die Barrel and Blues Roadhouse

Kom geniet jou Vrydag aand saam met Henning Joubert en Gian Groen. Hulle het ’n wonderlike konsert vir julle by die Barrel en Blues Roadhouse. Kom geniet saam met hulle die lekker stories en die lekker musiek.


Vir enige navrae rondom kaartjieverkope of aanlynstroming kontak gerus ons kaartjievennoot, TIXSA by:


[email protected] / 087 087 7464


Beskikbare tye:


Maandag - Vrydag 9vm - 5nm

Saterdae 10vm - 4nm

Sondae 10vm -1nm

Publieke Vakansiedae 10vm - 1nm

Henning Joubert

Singer, Song Writer and Multi-Instrumentalist. Plays 9 instruments and any genre from Commercial pop to Country, Jazz, Rock and BluesnBookings: Vonk Musiek: [email protected] / 011 823 1771.

Gian Groen

Gian Groen is die verhoognaam van Gideon Hanekom, gebore in die mid 70’s in Stellenbosch en is vandag woonagtig op Grabouw in 'n plaashuis met verganklike kunssinnige karakter tussen die oorvloedige vrugteboorde. Sy eie stukkie hemel en inderdaad ook sy stukkie skrywers-paradysnOp die ouderdom van so omenby 2 jaar kry die kleuter-knaap sy heel eerste kitaartjie present en uit staanspoor was dit waar sy voorliefde en vir kitaarspeel indirek begin, benewens die feit dat hy opgroei in ‘n huis met Pa wat Charles Jacobie perfek namaak op sy eie kitaar, Ma wat ‘n geswore orrel junkie is en dan die outentieke platespeler wat die huis gereeldelik met die musiek van Elvis vul.nIn sy tienerjare leer Gian se pa hom 3 basiese drukke op sy kitaar sodat hy sy eerste liedjie “Suikerbossie” volmaak kan saamspeel. Min het hy hier besef dat dit die sleutels was van sy fenominale musiek loopbaan in die Afrikaanse musiekbedryfnnHoekom, weet niemand tot vandag toe nie, maar na sy matriekjaar op Grabouw gaan studeer hy landbou en werk vir paar jaar na sy studies as pluimveeteler in die Swartland. Die hele geswot en gewerkspul is totaal irrelevant in sy lewe , aangesien die jonger Gian Groen veels te verslaaf is aan Rock en Roll om met hoenders te wil boernn‘n Fenominale deurbraak in Gian Groen se musiek - loopbaan vind plaas toe Laurika Rauch besluit het om Gian se “Vier Seisoene Kind” op te neem. Dit dien as aanspooring tot hoër hoogtes asook die skryf van talle nuwe liedjies wat gereeld voortvloei uit sy kreatiewe pen. Hierna was daar talle versoeke deur bekendes waaronder o.a. Dozi om van Gian se liedjies op te neem. Van jonks af is hy ‘n groot liefhebber van die werk van die Liedjieboer - Anton Goosen en André Le Toit of te wel beter bekend as Koos Kombuis. Later ontwikkel hy ook smaak vir die vars klanke in die Afrikaanse musiekmark van Valiant Swart wat as inspirasie dien in Gian se werk. Musikale invloede in Gian Groen se vroeër sang-loopbaan word derhalwe sterk aangevoer deur Anton Goosen, Koos Kombuis en Valiant Swart, wat heel prominent hoorbaar was in sy 1e Band genaamd “Spinnekop”nBaie gepas het Gian Groen onlangs na meer as 4 jaar weer ‘n nuwe alum opgeneem, genaamd - “Stiltetyd”nElkeen wat Gian (die Rocker) nou al vanaf die goeie ou “Spinnekop” dae af volg, is in vir ‘n groot verrassing. Stiltetyd is totale nuwe klank en genre in die stal van Groen, en in sy eie beleidenis se Gian: “Ek het na my wedervaringe in my eie mensword en stilraaktyd uiteindelik my niche in die Afrikaanse musiekmark gevindnn”Daar is weg gedoen met die bepaalde rockende kitare-klanke en hy fokus nou op ‘n baie meer klavier en akkoesties gedrewe en rustige gevoel in sy nuwe musieknnStiltetyd is ‘n rustige 12 snit album gevul met die mooiste ballades. Tien van die snitte is uit Gian se eie pen. Dan is daar ook ‘n Lucas Maree tribute song - “Die tyd stap aan” sowel as ‘n ou invloedryke Valiant Swart song opgeneem wat dien as so tikkie afwisseling op die album.Die huidige ‘Gian Groen Band’ het ontstaan uit die eertydse “Spinnekop” wat bekendheid verwerf het met songs soos “Tiger & Louise” en “Binneland in”nVan die oorspronklike bandlede het ander geleenthede in die buiteland gaan ontgun, terwyl Gian intussentyd bekendheid as liedjieskrywer verwerf het met songs soos onder andere die b.g. Vier Seisoene Kind.Ag gevolg van kommersiële redes besluit om stelselmatig weg te doen met die naam ‘Spinnekop.’ In hierdie tyd is ‘GroenKitaar’ opgeneem onder die naam van beide Gian Groen & Spinnekop.Die eerste soloprojek deur Gian was met die opname van “Met die Maan Gepla” , waar dieselfde sessiemusiekante of te wel bandlede wat op GroenKitaar gespeel het, gebruik is.nnDit alles het ons gebring tot 'n vars nuwe Gian Groen Band wat bestaan uit John Mitchell op klavier, Jeremy Schultze op dromme en Logan Scott op baskitaar! Benewens optredes met sy volle band, doen Gian Groen ook baie gereeld optredes by kleiner intieme kuierplekke waar hy “unplugged” as solo kunstenaar optree, en soms vir afwisseling ‘n kitaarspeler saamnooi na hierdie sessie optredes om hom te begelei.Vir Gian Groen is dit ‘n nuwe tydvak, nuwe era, ‘n nuwe klank en ‘n nuwe begin in sy musiek loopbaan, en sonder twyfel word aangevoer dat hierdie beskeie en uiters talenvolle sanger, liedjieskrywer en musikant gewis ‘n geswore patriotiese aanwins in ons musiek mark isnnBesprekings. Vonk Musiek: [email protected] / 011 823 1771

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Real Music Distribution WALLFLY
https://www.wallfly.co.za/, Gauteng 0000
Join the Conversation

Follow the event with #BarrelandBluesRoadhouse