Glimlag Fees 2026

Sat. 3 Oct, 2026 10:00am - 9:00pm SAST
All Ages
145 days away
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
145 days away
All Ages
Event Description


GLIMLAG FEES 2026 IS TERUG! 


Maak reg vir ’n dag wat jy nie gaan vergeet nie – op Saterdag 3 Oktober 2026 vind die Glimlag Fees vir die sesde keer plaas. Benoni Northerns Sportsgronde is die tuiste van dié lekkerte in Benoni, en feesgangers kan uitsien na ’n hoogtepunt op die feeskalender.


Die Glimlag Fees is meer as nét ’n musiekfees – dis die spesiale oomblikke saam met spesiale mense wat dieselfde liefde as jy deel: samesyn, lag en herinneringe maak.


Vanjaar spog die fees met topkunstenaars op die verhoog:


Dirk van der Westhuizen, Tamlyn Wessels, Onike, Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Kurt Darren, Martin Bester, Danny Smoke en Spoegwolf.


Feesgangers kan ook uitsien na plaaslike Benoni-talent wat die dag gaan afskop – in die kol om die feesgees van vroeg af aan die gang te sit!


KAARTJIES:


EARLY BIRD (1 MEI – 5 JUNIE 2026)
R215 – beste prys beskikbaar


EERSTE 500 KAARTJIES (BEPERK!)
Kry ’n GRATIS Glimlag Fees Lojaliteitsklub-koeponboekie! Dié koeponboekie is propvol afslag en spesiale aanbiedinge by stalletjies en ander feesvennote.


Neem kennis dat kaartjies op die dag by die hekke duurder sal wees.


Moenie wag nie – koop vooraf en spaar.


Die Glimlag Fees Lojaliteitsklub is terug!
Eksklusiewe voordele, unieke ervarings en verrassings – net vir dié wat deel is.


’n Fees met ’n hart:
Glimlag Fees is trots om saam met die Smile Foundation ’n verskil te maak. Jou bywoning help om hoop te bring en glimlagte te herstel in die lewens van kinders wat dit die nodigste het.



  • Kosstalletjies

  • Yskoue verfrissings en ’n biertent

  • Top Afrikaanse kunstenaars

  • ’n Fees vir die hele familie


Of jy nou kom vir die musiek, die kuier of die egte Benoni-feesatmosfeer – hierdie is waar jy wil wees.




KOM IN KONTAK


012 880 2635 / [email protected]


WERKURE


Kaartjieverkope Ondersteuning:


Maandag - Vrydag: 9vm - 5nm
Saterdae: 10vm - 2nm
Sondae: 10vm - 1nm
Openbare Vakansiedae: 10vm - 1nm

Reserve Tickets
Early Bird | Volwassenes + More Details R215.00
Pensionarisse + More Details R225.00
Studente + More Details R225.00
Early Bird | 6 - 12 Jarige + More Details R80.00
0 - 5 Jariges + More Details R10.00
Select Bundles
VIP Tafel (6 mense) + More Details R8,000.00
Select Add-ons
Lojaliteits kaartjies + More Details R225.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Benoni Northerns Sports Club Brodigan Street, Rynfield
Benoni, Gauteng 1514
Join the Conversation

Follow the event with #glimlagfees