Toe en Nou: Gr1–3 Aanlyn Opvoedkundige Programme 1

  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Event Description
Toe en Nou: Gr1–3 Aanlyn Opvoedkundige Programme 1

Toe en Nou: Gr1–3 Aanlyn Opvoedkundige Programme


Aandag alle opvoeders (onderwysers en ouers). Die nuwe Pioniersentrum se aanlynprogramme is uiteindelik hier! Pret, leersaam en ‘n baanbreker op die gebied, hier in Suid-Afrika. Dit is interaktiewe programme vir laerskool kinders, maar geskik vir die hele familie. Die programme is opvoedkundig van aard en is ideaal om nuuskierige kinders besig te hou. Die programme is aanvullend tot die KABV kurrikulum in vakke soos LV, SW en NW. Die programme is ook ideaal vir instappies vir skole (indien die begroting kort en leerders nie kan gaan vir ‘n uitstappie nie).


Die programme bestaan uit 6 hoofstukke elk, so daar is genoeg materiaal om oor ‘n tydperk van ‘n week geniet te word. Van broodbak op die pioniersmanier, klei-speel en skattejag tot by die Voortekkers, Die San, vandag se weerverslag, ons vier-voetige vriende: perde en vele meer. Kom ontdek ons terrein hier by die Voortrekkermonument en Pioniersentrum!


Toeka tot Nou (Gr. 1 – 3)


Temas en fokusareas van die program:



  • Bekendstelling aan die Die Voortrekkermonument en die Pioniersentrum. Vroeë gemeenskappe (Die San) en ons gemeenskap hier in Suid-Afrika.;

  • Broodbak op die pioniersmanier - Voedsel: waar kom verskillende voedselsoorte vandaan, gesonde en ongesonde kos;

  • Skattejag oor speelgoed van ouds, en verskillende materiale

  • Waarvan word huise gemaak?

  • Verskillende tipes huise

  • Oudhede: gereedskap en museums

  • Diere: diere wat ons help (werk, kos, klere); Versorg jou troeteldiere: perde

  • Grondsoorte: Sand, leem , klei, van klei tot baksteen.


KABV belyning:



  • 1: LV - Kw.3 Gemeenskappe, troeteldiere en hoe ons hulle versorg: perde, die kos wat ons eet, waar kos vandaan kom en gesonde en ongesonde kos. Kw.4 Verskillende huise, waarvan huise gemaak word, hoe vind ons plekke, moenie water mors nie.

  • 2: LV - Kw.1 Gesonde voedsel, plaasdiere, wilde diere en dierekuns (perde). Kw.3 waarom is grond belangrik, meer oor grond, 3 grondsoorte, outydse vervoer. Kw.4 Gemeenskappe, Suid-Afrika (vlag, lied, wapen, simbole, kaart), kommunikasie.

  • 3: LV - Kw.2 Gesond eet, insekte, troeteldiere (perde). Kw.3 Hoe mense lank gelede geleef het, was dit lekker om ‘n kind te wees in die verlede, gereedskap en intrumente, betaling. Kw.4 Wat ons van die aarde kry, klei tot baksteen en ander materiale, diere wat ons help.


Wat word ingesluit?



Bekendstelling van die Voortrekkermonument, Pioniersentrum, ontmoet ons maat, Fundi, en leer oor insekte.



  • Hoofstuk 1: Storietyd


Die San, en vroeë gemeenskappe.



  • Hoofstuk 2: Suid-Afrika en Kaartwerk


Leer oor Suid-Afrika, nasionale simbole en kaartwerk.



  • Hoofstuk 3: Broodbak op die pioniersmanier


Leer broodbak op die pioniersmanier. Waar kom voedsel vandaan? Die verskil tussen gesonde en ongesonde kos. Die vyf voedselgroepe.



  • Hoofstuk 4: Skattejag


Leer ‘n spesiale rympie. Skattejag en aktiwiteitsblaadjie. Museums, oudhede, speelgoed van ouds, en materiale.



  • Hoofstuk 5: Perde demonstrasie


Leer meer oor perde. Plaasdiere t.o. wilde diere. Diere wat ons help. Versorg jou troeteldier.



  • Hoofstuk 6: Klei


Leer hoe om ‘n kleibaksteen te maak. 3 grondsoorte. Van klei tot baksteen. Waarvan word huise gemaak.


Afsluiting en groet.


Dankie en totsiens.


Vir enige kaartjie OF virtuele toer navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.


TELEFOON:


012 880 26 35 


WERKSURE: MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM, SATERDAE 10VM – 4NM, SONDAG 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM


 


 


 


 


 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Pioneer Centre Online Platform [email protected]
International, Gauteng 0000