Groet die Grotman 2 | Komedie
- Get Tickets
- Details

Groet die grotman 2 – Deel sy wyshede en kwinkslae!
’n Skreeusnaakse kyk na die ewige verskille tussen mans en vrouens
Deur: Frans Swart
Met: Phillru van Achterbergh
Dit is vyftien jaar later. Grotman en Elize is steeds getroud, maar is hulle nog gelukkig? Die kinders is nou tieners met hul eie uitdagings, en Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp, e-pos, iPhones en sosiale media.
Tog bly een ding onveranderd: mans en vrouens verstaan mekaar steeds nie heeltemal nie. In hierdie opvolg word die verskille tussen die geslagte op ’n komiese en herkenbare wyse uitgebeeld, soos net Grotman dit kan doen.
Verwag ’n aand van heerlike lag, skerp waarnemings en herkenbare oomblikke. Van braai tot bouprojekte, van nuttelose feite tot die regte TV-program – hierdie produksie wys hoe mans en vrouens die wêreld totaal verskillend benader. Dis amper soos huweliksberading – net met baie meer humor.
Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord as die Afrikaanse teaterproduksie met die meeste vertonings, met meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar. Ná ’n dekade se stilte keer die Grotman nou terug met nuwe stories, nuwe situasies en nog meer lag.
Phillru van Achterbergh het Drama en Film aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer en in 2012 geskiedenis gemaak as die eerste student wat al drie top TUT-toekennings gewen het.
Hy het sy professionele debuut gemaak in Liewe Heksie en daarna in verskeie gewilde produksies gespeel, insluitend My Vrou se Man se Lyk se Tas, My Boetie se Boetie se Baba en Daa’ Gaat die Bruid. Hy was ook te sien in Binnelanders as Clint Erasmus.
In 2016 is hy vir ’n Naledi-toekenning benoem vir sy rol in Porselein en het verder beïndruk in die verhoogproduksie van Fiela se Kind.
Vrouens – julle gaan julle mans herken. Mans – julle gaan beslis julle vrouens herken.
Kom lag saam, en kry sommer gratis terapie vir die huwelik!
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
