HARTSBRIEWE | MUSIEK | STORIES
- Get Tickets
- Details

HARTSBRIEWE | MUSIEK | STORIES
'n Intieme vertoning vol nostalgie, warmte, humor en die tydlose krag van liefde.
Met Hannes van Wyk en Coenraad Rall
Met trots geborg deur CURRO
Die lekkerste kuier wat jy in 2026 sal bywoon!
Maak jou gereed vir Hartsbriewe
Hannes van Wyk, geliefde TV-aanbieder en akteur, neem jou op 'n emosionele reis deur 'n keur van aangrypende en humoristiese briewe, terwyl Coenraad Rall se meesterlike klavierspel en sang elke verhaal met besondere gevoel tot lewe bring.
Met 'n kombinasie van stories, voorlesings, musiek en sang vier Hartsbriewe liefde in al sy vorme – verlange, familie, vriendskap, vreugde en herinneringe wat lank in die hart bly leef. Soms lag jy uit jou maag, soms vee jy 'n traan af, maar jy stap altyd huis toe met 'n warm hart.
Hannes se kenmerkende vertelkuns en fyn humor, saam met Coenraad se uitsonderlike musikale talent, skep 'n onvergeetlike teaterervaring wat gehore regoor die land bekoor.
"Hartsbriewe is eenvoudig fenomenaal! Hannes van Wyk se fyn, tong-in-die-kies humor, tesame met die dieper emosies van ons lewensreis, is só goed vasgevang in hierdie produksie. Coenraad Rall se klavierbegeleiding was 'stunning'! Ons Damesaand-gehoor was vasgenael aan hul stoele. Lag en huil saam met goeie vriendinne – 'n MOET-ervaar vir 2026!"
– Vicki Bester, Worcester Gimnasium
Lus vir 'n aand wat jou hart sal roer én jou sal laat glimlag? Dan is Hartsbriewe 'n vertoning wat jy eenvoudig nie wil misloop nie.
Datum: Sondag 9 Augustus 2026 | 18:00
Plek: Hermanus Munisipale Ouditorium
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 70 Min
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
