Hartswerk Wegbreek 2024

Sat. 28 Sep, 2024 5:00am - 10:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Hartswerk Wegbreek 2024

Kom vier die vreugde van craft bier, gin, en wyn in die pragtige Waterberge-bosveld. Die dag word ingekleur deur heerlike musiek, kos en verskeie hartswerk/handwerk werkswinkels en uitstallers.


Kinderkraal met kindervermaak waar kinders kan baljaar onder volwasse toesig, is Saterdag beskikbaar.


Fietsryers kan slegs MTB Race kaartjies koop sonder fees kaartjies, maar heroorweeg, dit gaan 'n heerlike feees wees!


Kosstalletjies is oop vir almal! (fietsryers sal ander kleur tag kry en die wat nie die fees verder bywoon nie kan teen 12h00 terrein verlaat)


PROGRAM


Vrydag


Spesiale Voor-fees kuier - Eksklusief vir Oorslapers


Saterdag


05:30 Foto Safari - Jy, jou kamera, paar (nuwe) vriende en die oggend-stilte in die bos. (koffie en beskuit van 05h00)


07:00-  Fikswees is ‘n Fees (Draf/Stap deur die Bos) LET WEL By die Olifant Oase! (Ciska - 082 499 3687)


R25 Skoliere & R50 Volwassenes


07:00 - MTB Ride 50 km (Heerlike rit deur bosveld plase, vir die meer gesoute bergfietsryer. Gratis paar sokkies.)


07:30 - MTB Ride 15km (Gemaklike rit deur bosveld plase, sluit gratis paar sokkies in)


08:00 - MTB Ride 5 km (Pret rit vir jonk en oud, trek snaakse kostuum aan en kom ry saam. Medaljes vir alle deelnemers, prys vir snaakste kostuum)


         10:00 - 14:00 Werkswinkels - Van kunstighede en nutswerk (hou ons bladsye dop)



Op die Verhoog


14:00 - Takhaar


15:00 - Tian Nienaber


16:00 - Hollowbody


17:00 - SA vs Arg op die grootskerm 


19:00 - Die Piesangskille


20:30 - Barto


21:30 - DJ


Sondag


8:00 Praise & Worship in Die Bos -Vir die wat hul oggend met ekstra vreugde wil begin


Koffie kroeg en Kosstalletjies beskikbaar!


11:00 Totsiens almal! 


 


AKKOMMODASIE IN DIE OMGEWING


1.1Kuier Akkommodasie (reg oor die pad van Die Boer en Die Belg) 


079 455 9320


6 chalets, 18 gaste in total


1.2 Eden Park (reg langs Die Boer en Die Belg)  karavaan park met 5 * staanplekke met privaat opwas en ablusie


079 455 9320


2. Kudubush Retreat (slaap tot 12 mense)


[email protected]


https://www.facebook.com/KuduBushRetreat/


Whatsapp 083 259 2387


3. Lleweni Game Lodge (12-14 mense)


083 400 7003 (Bronwyn Wessels)


[email protected]


4. Phulani Park (huis vir 5 mense)


071 308 5413 (Vernon)


5. Ilnika (Huise en kamers, slaap ±30)


083 778 5045 (André)


6. Panorama Country House (tot 14 mense)


084 305 3501 (James / Eunice)


7. Tachiro (plek vir ±50 mense)


079 570 3605 (Zerilda)


https://tachiro.co.za


[email protected]


8. Thakadu Game Lodge 


https://www.thakadugamelodge.co.za/accommodation/ 


[email protected]


9. Diamand Creek Bush Lodge 


082 773 8437


10. Zynloop Gastehuis


Marie 072 020 0411


 


WERKSWINKELS & UITSTALLERS


Die fokus die jaar vir stalletjies is op handwerk en nutswerk. Van kuns en kultuur tot craft bier, gin en meer.


Indien jy jou hartswerk wil uitstal, of selfs ‘n werkswinkel wil aanbied, stuur gerus ‘n epos aan: [email protected]


KOSSTALLETJIES


Van die spook se asem, die boer se pannekoek tot die Belg se wafels, Spiff se hoenderhappies en die Boere se troos en vele meer.


BIER - WYN - GIN


Ons verwelkom verskeie brouwerye, distileerders en wynmakers die jaar by die Hartswerk Bosveld Wegbreek!


Hou ons bladsye dop vir meer inligting.


 


DIE OORSLAPERS (Akkommodasie)


Eksklusiewe kuier Vrydagaand slegs vir oorslapers.


Algemene Kampering


Bring jou tent, boswa of karavaan en kom kamp. Ablusie-geriewe, braai area, sentrale kragpunte. R400 pp vir die naweek, feeskaartjie ingesluit. 


Nagapie Tent Hotel


Kom bederf jouself met 'n wegbreek naweek in die Eksklusiewe Nagapie Tent-hotel.


1 Nagapie-hotel kaartjie bied aan jou:


Twee Feeskaartjies


1 Voorafopgeslaande tent


2 stretchers met  mattrasse


2 stoele


Tent liggie


Dit als vir slegs R1200!


KAARTJIES


R220 Vroeë-Voëltjie Feeskaartjie - Slegs Beskikbaar tot 31 JULIE


R250 Feeskaartjie normale prys (Saterdag)


R290 Feeskaartjie by die hek op die dag (gou-gou koop is goedkoper)


R100 Skoliere (7-18 jaar)


Kinders onder 7 gratis.


Bepalings en Voorwaardes geld


Reg van toegang voorbehou


Eie kos- en drank slegs in kampterrein, ondersteun asb ons stalletjies op die feesterrein.


Eie gazebos, sambrele en dies meer is welkom, maar nie voor die verhoog nie.


Dra sonroom.


Die program kan verander, alhoewel goeie gees altyd sal oorheers.

Tian Nienaber

Tian Nienaber is a self taught musician who developed from a modern country background into a musician with a greater variety of genres. He is now able to play music from quite a few eras and genres. Ranging from Pop to Rock 'n Roll !n

Hollowbody

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Die Boer en die Belg Part 4 of Rietvally 340
Naboomspruit, Mookgopong 0560