Het van Verlangekraal | Drama
- Get Tickets
- Details

Het van Verlangekraal: ’n Aangrypende verhaal van opstand, oorlewing en menswees
Met: Ana van Achterbergh, Etienne du Plessis, Henco J, Nico Loubser, Nikita Meyer, Ulrich Slabbert en Zanje Bodenstein
Verwerking: Leon van Nierop
Na die verhaal van: Johann Bekker
Regie: Frans Swart
Het van Verlangekraal bring die storie van Het Heiberg, die weggooikind wat ’n dorpie se naam sou verewig, na die verhoog – hierdie keer uit háár perspektief.
Sy kom in opstand teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen ruimte laat vir individualiteit nie.
Net Meneer Doep staan tussen haar en die streng skoolhoof, meneer Erlank, terwyl sy haar plek in die wêreld probeer vind.
Hierdie diep menslike en ontroerende verhaal wys vir die eerste keer wat in Het se gedagtes aangegaan het, wie in haar lewe saak gemaak het en hoe sy uiteindelik oorleef het.
Die oorspronklike verhaal, geskryf deur Johann Bekker en gepubliseer in 1960, het reeds ’n ryk geskiedenis.
Leon van Nierop het die verhaal oor dekades heen aangepak – van ’n televisiereeks tot radioverwerking en roman – en bring dit nou na die verhoog in ’n nuwe gedaante.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
