Het van Verlangekraal
- Kry kaartjies
- Besonderhede

Het Heiberg, die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolstelsel wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof, meneer Erlank, gestaan. Hierdie geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak.
Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.
Leon van Nierop (na die verhaal van Johann Bekker) se Het van Verlangekraal gaan verhoog toe, met Frans Swart wat die regie behartig.
Met Ana van Achterbergh, Etienne du Plessis, Henco J., Nico Loubser, Nikita Meyer, Ulrich Slabbert en Zanje Bodenstein
Vir die verhoog verwerk deur Leon van Nierop | Na die verhaal van Johann Bekker | Regie Frans Swart
