Horings & Dorings Hluhluwe Fees

Multiple Dates & Times
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Horings & Dorings Hluhluwe Fees

Die naam Horings & Dorings kom van ons boerdery moontlikhede in ons area af.


In Hluhluwe word daar grootliks met Queen pynappels geboer en dis waar ons Dorings vandaan kom. Hluhluwe is die grootste queen pynappel produseerders in Suid Afrika.


Die Horings simboliseer beeste en bokke, spesifiek die Nyala, wat se natuurlike habitat in Hluhluwe area is.


Horings & Dorings is n familie / gemeenskapsfees wat elke jaar groei.


Ons as komitee glo aan terugploeg in ons gemeenskap, en dis hoekom ons in 2019 rolstoelle en “walkers” gekoop het wat ons gemeenskap kan gebruik indien nodig.


In 2021 het ons fondse geskenk aan Paws & Claws asook aan Burre Burger se Droogte Hulp Fonds – met die hulp van ons pynappelboere.


2022 beloof om n fantastiese fees te wees vir die hele gesin.


Ons bring vir julle 3 alomgewilde kunstenaars op die verhoog,27 Mei, 4 kunstenaars op verhoog,  28 Mei, Farm Jam, kinder area, biertent, Croc en snake shows, mini-golf, Mnr & Mej Ananas en nog vele meer.


Vir enige kaartjie navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.


TELEFOON:


012 880 26 35/[email protected]


WERKSURE:


MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM


SATERDAE 10VM – 2NM


SONDAG 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM


 


 


 


 

Comments
Select Tickets
Sorry, there are no upcoming events in this series.
Venue Details
Map of Venue Location.
Zulu Croc R22 Sodwana Road
Hluhluwe, KZN 3960
Join the Conversation

Follow the event with #HoringsenDoringsHluhluweFees2024