HS DIE ANKER bied aan: Revue 2017 - ALL ABOARD

Multiple Dates & Times
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description


!!!KAARTJIES IS OOK ELKE AAND BY DIE DEURE BESKIKBAAR!!!!!!


Hoërskool Die Anker bied met trots aan: ALL ABOARD 2017


Ons jaarlikse REVUE is 'n hoogtepunt by Die Anker.  Hierdie tradisie groei van krag to krag met die ondersteuning van ons Hoof: Mnr. Johan Snyman,  Personeel: Alet van der Merwe, Marinda Greyling & Produksie Span, Anker Leerders, Ouers, Diensverkaffers en Ondersteuners.


Vanjaar stel ons die kaartjies beskikbaar deur hierdie wonderlike aanlyn-platvorm, moontlik gemaak deur miniMAX en TIXSA.  Ons glo op die manier sal die produksie meer toeganklik wees vir lede van die publiek asook OUD-ANKERS.


VERTONING INLIGTING:


Wanneer: 1,2,3,4 & 5 Augustus 2017


Waar: Springs Teater


Tyd: 18:30 vir 19:00


Pryse:



  • PERS AREA (TIER 3): R100 per kaartjie

  • GROEN AREA (TIER 1): R110 per kaartjie

  • BLOU AREA (TIER 2): R120 per kaartjie


!!!!INDIEN U VOOR OF OP 30 JUNIE BESTEL - KRY U R10 PER KAARTJIE AFSLAG!!!!!


Betaling van kaartjie:



  • KREDIET- en DEBIETKAART transaksies vind hier plaas - KLIEK OP DIE "DATUM"(regs bo) om die proses te begin - hou ook asb u kredietkaart or debietkaart byderhand - U HET 30 MINUTE OM DIE TRANSAKSIE TE VOLTOOI!

  • Vir KONTANT en EFT bespreking sal u fisies Hoërskool Die Anker moet besoek en betaling of bewys van betaling met Dina Abbott (finansies) vasmaak.  LET WEL: met hierdie opsie kan ons nie goeie plekke en die beskikbaarheid van kaartjies waarborg nie - ons beveel die aanlyn aankope van kaartjie hoogs aan om sodoende teleurstelling te voorkom!!!


Ons het ook twee initiatiewe wat deur die loop van die week plaasvind:



  • Dinsdag aand: 1 Augustus - Tree die Springs en Brakpan Laerskole saam met ons op.

  • Saterdag middag, 5 Augustus: het ons 'n spesiale oudlede vertoning vir al ons REVUE-OUDLEDE van 15:00 tot 17:00!


Julle ondersteuning deur die aankoop van hierdie kaartjie help ons om die tradisie voort te sit en kan julle ook moontlik verder ondersteun deur 'n donasie aan die REVUEFONDS te maak ter ondersteuning van "behoeftigde afrikaanse kinders".


Dankie by voorbaat vir julle ondersteuning!


Vriendelike Groete,


DIE ANKER SPAN


 

Select Tickets
Sorry, there are no upcoming events in this series.
Venue Details
Map of Venue Location.
SpringsTheatre 24 2nd Ave Springs Old
Springs, Ekurhuleni 1560