HS DIE ANKER: PLAKKIE_PROJEK_LINK
- Get Tickets
- Details
HS DIE ANKER: PLAKKIE_PROJEK_2018/2019
Geagte Anker Ouer, leerder en ondersteuner,
Ons as Anker is baie opgewonde oor hierdie projek en glo dit kan werklik waarde byvoeg tot u, u kind en ook die gemeenskap.
SPESIALE AANBOD:
- Koop jou 2019 plakkie aan voor 30 Junie 2018 vir R160.00!!!
- Plakkies verkoop gewoonlik @ R185.00 in die winkels.
- Spaar R25.00
- Hierdie plakkie vorm deel van ons "informele drag" by die skool.
- Afsnydatum: 30 Julie 2018
As BL, Skoolbestuur en onderwysers is dit vir ons belangrik om projekte te loots wat 'n wen-wen-wen vir almal is en graag nooi ons julle uit om hierdie projek te ondersteun.
Die projek werk soos volg:
- CHILLOES is 'n trotse Suid Afrikaanse plakkie-handelsmerk en julle kan meer oor CHILLOES uitvind deur hierdie skakel te volg: www.chilloes.com.
- CHILLOES voorsien 'n baie hoë gehalte en duursame plakkie aan skole.
- Die CHILLOES plakkie verkoop tans teen R185.00 in die winkels. As Anker ouer, ondersteuner en leerder kry u R25 afslag per plakkie en kry dit teen 'n winskopie van R160.00.
- Verder gaan die winste op die plakkies nie meer na 'n winkeleinaar nie maar kom dit na ons skool, dus ontvang ons skool in totaal 30% op al ons plakkieverkope.
- Ouers en ondersteuners is meer as welkom om ook die projek te ondersteun en vir julself 'n plakkie aan te skaf. U kan selfs iemand borg met 'n plakkie.
- Die plakkie kan soos volg aangewend word: by informele drag soos deur die skool deurgegee.
HIER IS ONS PLAKKIES:
- OPSIE 1: Die standaard ANKER plakkie:
- OPSIE 2: Ons 2018 KAPTEIN "limited edition" plakkie (beperkte hoeveelhede beskikbaar):
Die aankope van die plakkie werk soos volg:
- Hierdie is ons aanlyn aankoopstelsel.
- U kan die plakkies op hierdie skakel aankoop.
- Hierdie fondsinsamelings projek is ten bate van die skool se algemene fondsinsamelings behoefte en u ondersteuning sal ongelooflik waardeer word.
Betaling aan die einde van die transaksie vind op die volgende maniere plaas:
- Visa/Master Kredietkaart
- Visa Debietkaart (as die "ecommerse" funksionaliteit op u kaart geaktiveer is - indien nie, kan u u bank kontak om dit te aktiveer.)
- EFT/Elektroniese oorplasing
- BAIE BELANGRIK: Hierdie aanlyn stelsel word beskikbaar gestel deur www.tixsa.co.za. Al die sekuriteit-stelsels is in plek, dus is u transaksie en inligting veilig.
Vir KONTANT BETALINGS sal u fisies die skoolkantoor moet besoek en sal die skool namens u 'n elektroniese bestelling en betaling op die stelsel moet maak - u sal egter die volle bedrag in kontant moet betaal aan die skool voordat die bestelling deur die skool gemaak kan word.
Hoe werk die CHILLOES SKOENGROOTTES:
- Ons werk met Suid Afrikaanse skoengroottes.
- Indien die individu nie volgroeid is nie, sal ons aanbeveel om altyd 'n bietjie groter te bestel (veral vir Laerskole).
- Dui slegs u skoengrootte aan en dan sal CHILLOES u grootte verwerk na ons dubbel grootte sisteem soos deur ons kundige span en sisteem bepaal.
BELANGRIKE DATUMS:
- BESTELLING AFSNY DATUM: ons dryf die projek tot en met 30 Junie 2018.
- AFHAAL DATUM: U kan u plakkie by die kantoor afhaal vanaf 1 Septbember 2018.
-KONTAKBESONDERHEDE-
ALGEMENE NAVRAE:
- HS DIE ANKER: Die Projek word behartig deur Juf. Alet van der Merwe en Juf. Marinda Greyling.
- CHILLOES: Lynn Eloff - 081 768 1426
- TIXSA: Sunet Wagner - 083 657 4545
TEGNIESE HULP:
- TIXSA: [email protected]of skakel: 0712741613
Baie dankie vir u ondersteuning en saam kan ons van hierdie projek 'n ongelooflike sukses maak.
Vriendelike Groete,
Juf Alet van der Merwe & Juf. Marinda Greyling
HS DIE ANKER