WOES 14

Wed. 24 Jun, 2020 at 6:30pm - Fri. 26 Jun, 2020 at 8:30pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
WOES 14

Woensdag is dit weer tyd vir Woes.  


Jaco se gaste vir die aand is Dr. Steyn Smit, Adelfia, Wouter van de Venter en Neil Somers.


Vir enige kaartjie navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.


TELEFOON:


087 087 7464 / 079 996 6053


WERKSURE:


MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM


SATERDAE 10VM – 4NM


SONDAG 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM

Wouter Van De Venter

Biografie

Na skool het hy musiek gaan swot, uitvoerende kunste, ligte musiek en Jazz. . Pretoria Technicon, Kerkstraat Kampus. Hy het kitaar gespeel en rock & roll is al wat hy wou doen. Hy het so lank as wat hy kan onthou liedjies geskryf.

Aanvanklik het hy net in engels geskryf. Hy was nooit regtig tevrede met die songs nie tot Desember 1995 waar hy sy pen tot sy eerste afrikaanse liedjie gewend het. Vir die eerste keer was hy gelukkig met die “song”, hy wou niks verander nie en so is sy debuut album wat in ’98 vrygestel is, “ Voel Vere” gebore.

Liedjies soos “My lam” en sy eerste en enigste politieke liedjie “ Ou Maat” was goed ondersteun deur RSG. Hy ontmoet ook vir Jannie du Toit wat op daardie stadium die platemaatskappy JNS besit het.

Met sy eerste vyf songs klaar, het hulle n vergadering en hy vra toe die groot vraag. “Dink jy daar is ‘n toekoms vir my as ‘n liedjie skrywer Jannie? “ Dis die begin van n jarelange vriendskap en leerling van Jannie du Toit & Christa Steyn.

Hy word ook gevra om aan die 10 jaar reunie van die “Voelvry” beweging deel te neem by Kaktus KKNK. Hier tree hy vir die eerste keer voor en saam met sy HERO’S op. Koos Kombuis, Valiant Swart, Kerkorrel ens… Hy sal dit nooit vergeet nie.

Op min of meer dieselfde tyd kruis sy pad met Anton Goosen & Laurika Rauch.

Anton het hom gevra of hy wil deelneem aan die “ Om te Breyten” projek. Kies ‘n Breyten gedig en toonset hom. Hy het die gedig “ Ballade van ontroue bemindes” gevat en op ‘n bietjie van ‘n rock beat getoonset.

Voor hy hom weer kon kry staan hy met sy groot ‘ghoeroe’ Anton aan sy linkerkant en niemand minder as Breyten homself aan sy regterkant. Waar is sy Afrikaanse onnie nou?? ‘n Noue band is daar gesnoer tussen hom en die liedjieboer. Anton is en sal altyd vir hom n groot inspirasie wees.

Tussen deur dit alles tree hy op in venues soos Café Barcelona en enige venue wat oorspronklike musiek ondersteun. Hy en Clinton Waring van Steve se “ Dis hoe dit is” faam speel saam. Hy het vir Clinton op technikon ontmoet en die twee en die girl met die goue stem Nianell, was groot pelle en is nogsteeds.

Terwyl hy en Clint by Café Barcelona optree stap Laurika Rauch daar in !!!

Na die vertoning stap Laurika na hulle toe en vra of hulle nie vir haar vertonings die begeleiding wil doen nie. Dit was die begin van die lekkerste 3 jaar van sy lewe. In die tyd vra sy hom of hy nie vir haar ‘n song wil skryf nie. Nie net het hy vir haar ‘n song geskryf nie, hy het hom so geskryf dat sy dit saam met hom sing. “ Beste Vriende” is toe gebore. Saam met haar het hulle venues soos “ The Royal Albert Hall” en “Wembly” in Engeland gespeel asook elke groot teater in ons land. Staatsteater, Artscape, Sand du Plessis ens.

Gedurende hierdie tyd stel hy sy tweede album “ Donkerkant” vry. In hierdie album se hy dankie aan sy grootste inspirasie Koos Kombuis. Hy neem ook drie van Koos se songs op.

“Parranoia”, die legendariese “Johnny” en ‘n reggae weergawe van “ Lisa se Klavier”.

Donkerkant is ‘n lekker harde rock album met een ballade wat baie goed vir hom gedoen het “ Ek roep jou naam”. Die liedjie is onder andere ook opgeneem deur Theuns Jordaan, Laurika Rauch & Christiaan Kritzinger.

Begin 2000 neem hy die album “Sonder jou” op. Hy het aan die begin van sy loopbaan die voorreg gehad om vir Marshall Harmse te ontmoet. As daar nou een persoon is wat hy moet uitsonder is dit Marshall. Marshall het hom baie geleer in die bedryf.

Natuurlik is ‘songwriting’ n gawe van bo wat regtig somtyds so vinnig gebeur dat jy regtig nie krediet vir die liedjie kan vat nie. Hy dink baie wiskundig oor skryf, hy deel ‘n song op in lirieke en in musiek. Omdat hy musiek geswot het , het hy nooit regtig veel waarde geheg aan lirieke nie. Die melodie en die “riffs” en die “groove” is al wat vir hom belangrik was. Dis nou maar die laaste paar jaar wat hy regtig ingaan in die lirieke. Hy is veral gek oor Valient se woorde. Hy kan ook net skryf as hy iets het om te se.

Net nadat “Sonder jou” vrygestel is bel Dozi hom. “ Woutie ek wil vier van jou songs van die album opneem” . Hy het nog so by homself gedink, is dit nie bietjie baie nie, maar in elk geval. Hy het ook nog ‘n liedjie vir hom voorgele “ Kom ‘n bietjie binne” wat die titelsnit van sy album geword het. Dozi het ook “Pretoria Prinses”, “Soutsmaak”, “As ek verlief raak” en “Sonder Jou” opgeneem. Hy moet erken dit was nogal ‘n draaipunt in sy loopbaan. Danksy Dozi het soveel meer mense sy baby’s gehoor en hy sal hom altyd dankbaar wees daaroor. Hy het nou so baie navrae vir songs hy kan nie by bly nie.

Wouter was ook mede eienaar van die recording studio “Studio of Note”. Saam met sy vennoot Christa Steyn het hulle baie nuwe talent ontdek en het hulle vir kunstenaars verskillende pakkette aangebied.

Hy was ook 8 jaar betrokke by die ATKV se “Ligte Liedjie Werkskool. Met Crescendo wat nou net n kreatiewe kompetiese is kry hulle die top nuwe liedjie skrywers en doen ‘n werkswinkel met hulle. Lize Beekman, Karin Hougaard en Wouter was van die hoofaanbieders en dan kry hulle nog gas sprekers in om met die kinders te praat. Daar is ‘n baie groot gaping tussen die liedjieskrywer en ons uitvoerende kunstenaars.

In 2007 kontak Mathys Roets & Mel Botes vir Wouter om deel te raak van die Ses Snare produksie wat steeds gehore vermaak.

Wouter en Pieter Smith, MD Greyling & Carle van Deventer het ook hulle talente saam gespan en die groep KAROO is gebore.

In 2015 verhuis Wouter na die Weskus waar hy die sangpaar Wynand & Cheree Strydom se Fine Tune Studio vir hulle bedryf.

Sy nuutste album "Toe roep jy my" is pas vrygestel deur Vonk Musiek.

Wouter doen ook solo optredes regoor die land so bespreek hom gerus vir jou volgende fees of funksie.


www.woutervandeventer.co.za

Neil Somers

Ses jaar na sy eerste CD, is Neil Somers terug met ’n splinternuwe album, Hierdie Hande, wat beslis gaan opslae maak in die musiekwêreld. Sy diep stem is die perfekte pasmaat vir elke sielvolle liriek... en die eindresultaat is hoendervleismooi. nnNeil Somers, met sy strelende fluweelstem, het beslis geen bekendstelling nodig in musiekkringe nie. Oor die afgelope paar jaar is van sy werk nie net met TEMPO-benoemings vereer nie, maar treffers soos Anderkant Atlantis en Sinnelose Lente is ook vriendelik deur radiostasies en die publiek ontvang. nnWanneer jy die nuwe album luister kan jy duidelik die sorg en moeite hoor wat die afgelope twee jaar aan die beplanning en verwerking van Hierdie Hande bestee is. Dit spog met dertien oorspronklike snitte en is die perfekte kombinasie tussen roerende hartsmusiek en lighartige kuiermusiek. Eendag op ’n Reëndag, die nuwe enkelsnit wat pas vrygestel is, is ook reeds ’n gunsteling onder luisteraars regoor die land. nnNeil beskou dié CD as die hoogtepunt van sy loopbaan en beskryf dit as ’n Afrikaanse Komtemporêre Folk Rock-album, met ’n bietjie Pop hier en daar. “Alles wat voorheen gebeur het, was net om my voor te berei vir die hier en nou. Hierdie is sover die grootste oomblik van my loopbaan en die musiek wat ek vir hierdie album gekies het, is my beste,” sê hy. n nDIE MAN AGTER DIE STEMnNeil is ʼn gebore musikant en is vandat hy kan onthou versot op sing. “Musiek is al deel van my lewe vandat ek kon praat en was nog altyd in my bloed. My musikaliteit kom van my pa se kant af. Hy is passievol oor musiek en speel kitaar, baskitaar en was ook al lid van verskeie orkeste. My pa het my ook die basiese beginsels geleer van kitaarspeel, waarna ek dit self verder op gehoor bemeester het. Vandag speel ek ook akoestiese kitaar en die bekfluitjie.” nnAlhoewel hy sy hele lewe lank doenig was met aktiwiteite soos revue, Universiteite Sêr en selfs lid was van die Hoëveld Kinderkoor, het hy eers in 2003 begin naam maak toe sy ma hom ingeskryf het vir ’n sangkompetisie in Jeffreysbaai. Hy het die kompetisie gewen en toe finaal besef dat sy toekoms in musiek lê en nie in Siviele Ingenieurswese, wat hy op daardie stadium besig was om te studeer nie. Hy het toe sy studies gestaak, as kroegman begin werk, en in restaurante begin optree.Sy paaie het met die liedjieskrywer, Kobus Bezuidenhout, laat kruis wat later die hoof-liriekeskrywer sou word van sy debuutalbum. nnOmdat hy graag meer ondervinding in die musiekbedryf wou hê, het hy Pretoria toe getrek en daar in verskeie klubs, kroeë en restaurante gesing totdat hy in 2007 genooi is om by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op te tree. Daar het Adam Tas een van sy liedjies gehoor en wou dit graag self opneem, wat weer later vir Neil gehelp het om sy eerste platekontrak los te slaan.nnSedertdien het hy al die verhoog gedeel met van die land se grootste kunstenaars soos Koos Kombuis, Dozi, Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Lianie May, Hugo, Kurt Darren en vele meer en kon hy dit regkry om die harte van gehore regoor die land te verower.nnAs jy uitvis oor die man agter die mooi stem, verklap hy dat hy ’n reguit mens is wat ’n ding sê soos hy is en nie hou van aansitterigheid nie. Hy beskou kunstenaars, wat al lank in die bedryf is en suksesvol bly, as ’n inspirasie en het veral waardering vir sangers soos Riana Nel, Elvis Blue en Theuns Jordaan se musiek. “Ek hou van enige musiek of liedjie wat my oor vang, hetsy dit die lirieke of sommer net die wysie is. Enige soort musiek moet jou kan inspireer, maar ek het ’n baie sagte plek vir ’n goeie Country-liedjie - veral die ouer classics soos Don Williams, Johnny Cash en Kris Kristofferson want hulle treffers vertel stories,” sê hy. nnAs hy nie ’n sanger was nie, sou hy graag ’n sielkundige wou word, sodat hy almal kan help om hulle hartsake en probleme uit te sorteer... Maar vir nou verower hierdie talentvolle sanger eers die harte van die publiek, media en sy mede-kunstenaars met sy unieke talent, wat nie net strelend is op die oor nie, maar ook trefkrag het in die siel.nnVolg hom op:nFacebook: https://www.facebook.com/pages/Neil-Somers/128036245754nTwitter: @somersneilnvir toerbesonderhede en nuusnnVir besprekings en navrae, skakel 071 678 7770 of 072 214 4590nstuur ook gerus ’n e-pos na [email protected]@vocalevents.co.za nnVIR MEER INLIGTING OOR DIE ALBUM, KONTAK ASSEBLIEF VIRnChristien de Klerk: [email protected] nnn nn

Comments
Reserve Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
WOES FB Page
facebook.com/lekkerwoes/, International 0000
Join the Conversation

Follow the event with #Woes