WOES 57 en 58_Worcester Primêre Skool

Fri. 5 Mar, 2021 at 6:30pm - Fri. 12 Mar, 2021 at 10:30pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
WOES 57 en 58_Worcester Primêre Skool

WOES 57_Worcester Primêre Skool


Onthou die hout en brood vir die braai broodjies. Vanaand gaan weer lekker wees. Skakel in op WoesTV FB Blad of via YouTube op jou Smart TV want wat is 'n braai op 'n Vrydag sonder Woes


Jaco & Hamilton se gaste is:


Juan Boucher - 5 Maart 2021 om 18:30 - Show 57:


5 Maart se uitsending is op die onderste YOUTUBE skakel beskikbaar


https://youtu.be/-ABpE-THBK4


Ray Dylan - 12 Maart om 18:30 - Show 58:


12 Maart se uitsending is op die onderste YOUTUBE skakel beskikbaar


https://youtu.be/u27OHsU1wwc


Sit agteroor en geniet lekker vermaak in jou huis.


Vir enige kaartjie navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.


TELEFOON:


012 880 26 35 


WERKSURE:


MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM


SATERDAE 10VM – 4NM


SONDAG 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM


 

Ray Dylan

JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.

Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.

Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer titel van RAY DYLAN, daarna het hy Binneklop ‘n Boerehart en die heel nuutste album Breek die Ys uitgebring. Hy is tans besig met sy Country album wat in April 2009 vrygestel gaan word.

Dié sanger is ‘n volronde kunstenaar: geseën met een van die beste stemme in Suid-Afrikaanse musiek, stylveelsydig en boonop ‘n energieke performer wat die elektriese kitaar tydens sy optredes laat kreun.

Op dié albums is daar verskeidenheid musiekstyle met ‘n aangename balans tussen stedelike ritmes en landelike verposings.

Met polsende ritmeplukkers en sielstrelende ballades bied Ray Dylan se albums wydtreffende musiek.

Die oorspronklike werk is nuutskeppinge in samewerking met Ray, Don Kely & Marc Brendon en Fredi Nest.
Die gewildse treffers is Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Boerehard, Jessica en Breek die Ys.
Hy stel sy veelsydigheid verder ten toon in die rock-keurspel met Hysteria, Never Say Never, Rock-‘n-roll Dreams Come True en It’s My Life.Ray skitter as balladevertolker: veral I Wish, Breathe Easy, Drive en Love Hurts bekoor.

Geniet poprock met ‘n byderwets-verfynde country-inslag

Juan Boucher

Vir enige besprekings kontak Len Muller 0833659142. Enige PR navrae [email protected]

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
WOES FB Page
facebook.com/lekkerwoes/, International 0000
Join the Conversation

Follow the event with #Woes