Internet Sensasie | Komedie
- Get Tickets
- Details

Mel die Storieverteller – Internet sensasie: ’n Skreeusnaakse een-vrou vertoning uit die wêreld van sosiale media
Met: Mel die Storieverteller
Teks: Mel die Storieverteller
Musiek: Peach van Pletzen
Dekor: Imile Wepener
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie Mel die Storieverteller in lewende lywe op ’n verhoog lyk. Dit het vinnig duidelik geword dat sy net so skreeusnaaks in die regte lewe is – vir mans én vroue.
In haar derde komiese een-vrou vertoning neem Mel gehore saam deur die elektroniese oerwoud van aandagsoekers en liggelowiges, en deel sy eerstehandse stories uit haar unieke wêreld.
Van Oom Riekert se groot fout tot ’n beplande vuisgeveg in KuduKraal, en selfs die ontstaan van “Mel die Storieverteller” – die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar glo alles waar. Wel… so sê Facebook.
Hierdie is ’n vertoning vol skerp humor, eerlike waarnemings en herkenbare internet-waansin – waar die lyn tussen waarheid en storie soms lekker vervaag.
Tydsduur: 80 minute
Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 14
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
