IVAN ROUX

Fri. 21 Jun, 2019 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R150.00
All Ages
Event Description
IVAN ROUX

Ivan Roux


Die Kontrak was verseker een van die jaar se TV-hoogtepunte en alhoewel daar net een wenner kon wees is die naas wenner, Ivan Roux, “‘n Ster in sy eie reg”- vertel Arnold Coleske, grootbaas van Coleske Artists.


Dié pop-sanger van Centurion is van die begin van die kompetisie ‘n gunstelinge onder die publiek. Sy talent, persoonlikheid en liefde vir sy kinders het hom diep in die harte van Afrikaanse mense laat kruip. Dan praat ons nie eens van sy ‘looks’ nie, wat die meisies se knieë behoorlik lam het.


Tenspyte van die feit dat Ivan Roux nie Die Kontrak gewen het nie, het Coleske Artists ongetwyfeld sy ster-kwalitiete raakgesien en steeds vir hom ‘n album uitgereik. Dié album bevat 10 snitte waarvan 54 5de straat, Vier Seisoene en Kinders Van Die Wind deel van die CD uitmaak. Vier van die snitte op die album is oorspronklike liedjies, deur Johan Oberholzer geskryf, wat die treffer-titelsnit, Daai Ding, inlsuit.


Die album geniet uiters goeie albumverkope en pronk in die top 10 verkopers-lys by Musica sedert hy einde November die rakke getref het.


Barry Pretorius, vervaardiger van Afrikaans is Groot en kenner op Die Kontrak, het gedurende die opnames van Die Kontrak gesê dat Ivan Roux eendag op die Afrikaans is Groot verhoog sal staan, die prys was net vir die wenner bedoel. Niemand kon egter voorspel dat die ‘grootbaas’ vanjaar reeds sou besluit dat Ivan ook ‘n item op die gesogde Afrikaans is Groot-verhoog verdien nie - Ivan is na konsert een ook deel van die kunstenaarslys gemaak.  Aanhangers kan dus daarna uitsien om hom op die AiG-Kaapstad verhoog in Maart 2019 te sien.


http://vevo.ly/Z5Pm5L


 

Comments
Select Tickets
Online sales are currently paused.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre