Jak de Priester |15 JAAR|

Fri. 24 Aug, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R90.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R90.00
All Ages
Event Description
Jak de Priester |15 JAAR|


Die PvR Dorpsfees bied met trots aan ... JAK DE PRIESTER!


Na vyftien suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Pretorianer, met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop. Vandag is dié Sally Williams Nougat-sanger ’n gevestigde naam, met nege studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy het ook in 2012 televisieaanbieder by sy indrukwekkende CV gevoeg.


Ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, het Jak onlangs ’n splinternuwe album, 15 JAAR, uitgereik, vol moet-hoor-snitte, wat luisteraars van begin tot einde sal bekoor. “Ek wou graag my vyftien jaar in die musiekwêreld met ’n album vier. My temalied is ‘15 Jaar Met Klavier En Kitaar’, so hierdie is ’n produk van hoe my vaardighede as liedjieskrywer oor die jare gevorder het,” vertel die sanger. “Die temas op die CD wissel tussen ons land en sy mense, kinders, vriendskap, ervaringe van gaste wat saam op ‘Reis na Gister’ was, liefde en nostalgie.”


Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Pierre Van Ryneveld Auditorium 14 Baltimore Ave
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #clarensvillageconservancy