Jak de Priester Opskop vir Vadersdag

Sat. 15 Jun, 2024 at 6:00pm SAST
All Ages
35 days away
R0.00 - R200.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
35 days away
R0.00 - R200.00
All Ages
Event Description
Jak de Priester Opskop vir Vadersdag

Jak is 'n baie diverse kunstenaar (en akteur!) wat van dorp tot dorp toer met, sy vertonings is vol komedie, nostalgie en beste van alles 'beautiful' musiek!



"...as jy die geleentheid het om hom live te sien, moenie op jou laat wag nie."

Jak De Priester

JAK DE PRIESTER - BiografienJak de Priester is 'n Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid. Jak se loopbaan het begin in 2002 na hy die ATKV Crescendo Kompetisie gewen het, dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld 'Sally Williams Nougat' op te neem. 21 Jaar, 10 studio albums, 1 digbundel, ‘n koffietafel-woordkuns boek, ‘n kinder cd en -dvd en verskeie verhoogproduksies later is Jak se loopbaan steeds besig om te groei. nnJak is ook die skrywer en sanger van die temalied van die bekende Afrikaanse dramareeks 'Binnelanders' wat uitgesaai word op KYKNET, hy skryf ook die temalied vir die KYKNET programme ’10 uit 10’ asook vir die gewilde program ‘Reis na Gister’ waarvan hy ook die aanbieder was sedert 2012. Jak is tans die aanbieder van die KykNET leefstylreeks ‘Koppieteefontein’ wat reeds in sy 3e seisoen is, hy sing ook die temalied wat hy geskryf het. In 2015 is Jak genomineer as beste aanbieder van die jaar vir die program ‘Reis na Gister’en in 2023 word hy benoem as een van die finaliste vir die Silwerskermfees in die afdeling ‘Beste aanbieder in Leefstylprogram’ vir Koppieteefontein. nn Jak skryf ook die temalied van die Afrikaanse film ‘Hoener met die rooi skoene’ wat in Januarie 2017 bekend gestel is, asook liedjies vir die gewilde Afrikaanse film ‘Semi-Soet’. Jak is bekend vir sy lirieke van sy musiek omrede dit gaan oor gebeurtenisse waarmee meeste mense hulself mee kan vereenselwig. Jak skryf ook maandeliks vir die bekende media webtuiste Maroela Media. nnJak is 'n baie diverse kunstenaar (en akteur!) wat van dorp tot dorp toer met, sy vertonings is vol komedie, nostalgie en beste van alles 'beautiful' musiek!nn...as jy die geleentheid het om hom live te sien, moenie op jou laat wag nie.' - Alé Smith, Volksblad. nn“Met sy vyfde CD, Groen Mamba, wys die Pretoriase sanger Jak de Priester weer hy't 'n hart vol verlange, 'n vlymskerp sin vir humor, en 'n fyn aanvoeling vir die dinge wat ons verwonderd of verslae laat. ...maar met hierdie CD wys hy sy beste jare lê nog voor. Groen Mamba het skop én 'n siel.' - Huisgenoot Temponn‘Met hierdie album het Jak net weer bewys dat hy een van die min kunstenaars op die Afrikaanse musiektoneel is vir wie musikale integriteit belangrik is, maar ook weet hoe om ‘n treffer te skryf. Daarom is dit sonder twyfel een van die heel beste albums wat die laaste tyd vrygestel is.’ – Maroela mediann“Met Reis na Gister het Jak weer met ‘n uitstekende CD vorendag gekom. Nie net is daar snitte wat jou voete sal laat jeuk of jou sal laat lag nie, maar op ‘n paar snitte laat Jak jou dink ook. Dis goed dat daar nog kunstenaars is wat in musicale integriteit glo en nie agter al wat modefoefie is, aanhardloop nie.’ – Maroela Median

Comments
Reserve Tickets
Kids o/7 Free
Kids 0/16 R100.00
Konsert kaartjies + More Details R200.00
Select Add-ons
Ete Kaartjies Kids 0/12 + More Details R75.00
Ete kaartjies + More Details R150.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Die Boer en die Belg Part 4 of Rietvally 340
Naboomspruit, Mookgopong 0560