Jannie du Toit - Doep is nie dood nie
Fri. 25 Aug, 2017 at 7:30pm SAST
All Ages
All Ages
- Get Tickets
- Details
Event Stats
All Ages
Event Description
As deel van ons gemeentefees, bied Jannie du Toit vir ons 'n treffende vertoning getiteld "Doep is nie dood nie" met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis. Koos is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly 'n bron van wysheid en voortlewende musiek.
Dertig jaar na sy afsterwe, word dit in hierdie verhoogproduksie duidelik hoe lewend en toepaslik sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, 'n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by 'n volgende geslag te laat voortleef.

Kaartjies: R150
Tyd: 19H vir 19H30
Ook met Coenraad Rall op klavier, en Susan Mouton op Tjello
Comments