Jannie du Toit - Doep is nie Dood nie & Somerkersfees

Sat. 12 Nov, 2022 7:00pm - 8:30pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Jannie du Toit - Doep is nie Dood nie & Somerkersfees

DOEP IS NIE DOOD NIE


Aangebied deur (en ten bate van) die Clarens Village Conservancy en die NG Gemeente Clarens. – die program saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as 30 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied.

“As dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly.” Só het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Hy is nou, meer as wat hy ooit kon voorsien het, teenwoordig in die Afrikaanse musiekbelewenis. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars – van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste – ontgin. Hy het nie tot ’n “boekrak” beperk gebly nie maar sy geskrifte en liedjies het uitgekring na plate, CD’s, DVD’s, boeke, sangbundels, iTunes en YouTube en meer. Dit word gesing by braaivleise, konserte, kunstefeeste en kerkdienste. Koos du Plessis leef in sy musiek – in sy ryk nalatenskap.

As ‘n toegif met die oog op die Kersgety, volg daar na ‘n pouse met verversings ‘n kort Kersprogram aangebied onder die titel van dieselfde Koos Doep se onvergeetlike lied SOMERKERSFEES. Soos in die hoofprogram word die begeleiding gedoen deur Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier en akkordeon) asook Jannie se kitaar, maar nou sluit die a capella-groep BREATHE by hulle aan. Die liedjies kom uit IN KERSFEESTYD, ’n program wat Jannie reeds ses jaar saam met hierdie besielende groep musikante en sangers aanbied. Breathe, bestaande uit Gabisile Nkosi, Sizwe Mondlane en Sandile Mncunu was ál drie lede van Renette Bouwer se hoog aangeskrewe UJ Koor: drie engelstemme wat sielvol in Afrikaans, Engels en Afrikatale help om gehore se harte te roer.





TELEFOON: 012 880 26 35 / [email protected]


WERKSURE:


MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM


SATERDAE 10VM – 2NM


SONDAG 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Clarens Primary School Malherbe Street
Clarens, Free State 9707
Join the Conversation

Follow the event with #clarensvillageconservancy