Jay at Hennies Boksburg

Fri. 1 Mar, 2024 at 9:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Jay at Hennies Boksburg

JAY, die ondeunde partytjiekoning van Afrikaanse popmusiek, het die afgelope dekade musiekliefhebbers se harte gesteel. Met 'n oorweldigende reeks treffers, insluitend Solo (2010), #DisHoeOnsRol (2013), en So Lank Sal Ek Jou Liefhê (2017), behaal sy albums paltinumstatus.


Jay is 1 Maart vanaf 19H00 op die verhoog by Hennie’s Boksburg. Moet nie hierdie geleentheid misloop nie.


Vanaf sy debuut as solo-kunstenaar in 2010 het JAY onophoudelik rekordsukses nagejaag en behaal. Sy duette met Lianie May is net so gewild as sy eie materiaal, wat bekend staan om die polsende ritmes en betowerende lirieke wat elke partytjie aan die gang kry.


JAY se jongste treffer, "Ry Hom Soos ‘n Rental", het vinnig die musiekranglyste oorheers en sy musiek is nou beskikbaar op iTunes en JOOX vir digitale aflaai en ‘streaming’. Met miljoene kyke op YouTube vir treffers soos "Lê Bietjie Langer" en "So Lank Sal Ek Jou Liefhê", bly hy die onbetwiste partytjiekoning van die Afrikaanse musiekbedryf.


Sy sukses strek verder as net die musiekarena, met rolle in die rolprent Platteland (2011) en 'n glansryke loopbaan met Eden. Hy het 'n indrukwekkende versameling SAMA- en Huisgenoot Tempo-toekennings, asook vyf platinum- en drie dubbelplatinum-CD's op sy kerfstok. JAY se naam is sinoniem met platinum treffers, en sy nalatenskap in die musiekbedryf is onmiskenbaar.


Die vertoning skop 17H00 af met Hartklop




Vir kaartjienavrae kontak TIXSA:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected] 


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Hennies Boksburg cnr North Rand Rd &, Trichardts Rd
Boksburg, Gauteng 1459