JAY -SOLANK SAL EK JOU LIEFHe

Thu. 26 Jul, 2018 at 7:30pm SAST
All Ages
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R150.00
All Ages
Event Description


Platinumstatus is waar JAY sy beste werk doen. Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het, eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is, of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se perfekte balans van melodie waarborg weereens sukses, snit vir snit, op sy derde vollengte solo-album.
Dit was ’n merkwaardige 17-jaar lange reis wat JAY gebring het tot waar hy vandag tuis is.
Ná 12 van hierdie fenominale jare as een deel van die groter geheel van Eden, het hy gedurende die afgelope paar jaar sonder begeleiding gevlieg en ook een van die mees suksesvolle duet-albums wat hierdie land in dekades gehoor het, vrygestel. “Die treffer wat ek aan Lianie May se sy geniet het met die vrystelling van Bonnie en Clyde en Vir Liefde, het beteken dat enigiets anders, insluitend So Lank Sal Ek Jou Liefhê, op langverlof geplaas is,” verduidelik hy met ’n verskonende glimlag.
Met talle SAMA, Ghoema en Huisgenoot Tempo toekennings asook vier platinum en drie dubbelplatinum CD’s agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy twee solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná vrystelling. Of dit nou 2011 se rol as Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 12-jaar loopbaan met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD-vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum treffers. Inderdaad indrukwekkende resultate.
2014 het die vrystelling van ‘n splinternuwe EDEN-album – Nooit Oud Raak Nie gemerk. Die eerste single Dirty Dancing het orals trefferparades gepronk en het selfs ‘n Ghoema nominasie ontvang vir Beste Liedjie van die Jaar. Eden is ook in dieselfde jaar vir ‘n Ghoema benoem as Groep Van Die Jaar en het ook ‘n SAMA nominasie vir hulle album ontvang. EDEN het einde 2016 finaal hul swaneswang gemaak.
Na die sukses van hulle eerste duetalbum het Jay & Lianie in Mei 2017 hul 2de duet album,
Vir Liefde, uitgereik wat binne slegs ‘n paar weke goue status behaal het. In 2017 het hulle 4
Ghoema nomisasies ontvang waar hulle het met beste musiekvideo vir hulle liedjie, Vir
Liefde weggestap het.
Enige JAY aanhanger sou waarskynlik sê vier jaar was baie lank om te wag vir So Lank Sal Ek
Jou Liefhê, maar diegene ná aan die man wat dit gemaak het, weet dat geen opname naby
die kruin van die trefferlyste kom of platinumstatus behaal as dit nie die beste is wat hy in
pop-perfeksie kan omskep nie. As jy ‘n aanhanger is gaan jy die album terdeë geniet en as jy
nog nie een is nie gaan hierdie album jou beslis een maak.
So Lank Sal Ek Jou Liefhê bestaan uit 12 oorspronklike snitte waarvan 11 vars uit die pen van
die talentvolle liedjieskrywer, Johan Oberholzer is. Die musiekvideo van die titelsnit het
reeds meer as 500 000 kyke gekry en styg steeds elke dag. Die hartroerende duet, Afgrond
saam met Tarryn Lamb is ook ‘n hoogtepunt op die album sowel as Suurstof, Lê Bietjie
Langer, Die Hart Wil Hê Wat Die Hart Wil Hê en Trots Afrikaans.
Die grappige musiekvideo vir Lê Bietjie Langer is nou onlangs bekend gestel en het al meer
as 60 000 kyke in byna twee weke op YouTube verwerf.
Hy het ook in April die gesogde Ghoema Musiektoekenning vir Beste Pop Album deur ‘n
Manlike Kunstenaar met musiekvriend, Kurt Darren gedeel en was self in twee ander
kategorieë ook benoem.
IN KORT:
• Solo – eerste solo album – uitgereik in 2010
• Beste Pop Album – Solo – Huisgenoot Tempo – 2011
• Liedjie van die Jaar – Melanie – Huisgenoot Tempo 2011
• SAMA-nominasie – Beste Pop Album – 2011
• Platteland die rolprent – 2011
• Bonnie en Clyde – duetalbum met Lianie May – 2012 uitgereik
• Musiekvideo van die Jaar – Lank Lewe Die Liefde – Huisgenoot Tempo – 2012
• Liedjie van die Jaar-nominasie – Bonnie en Clyde – Ghoema Toekennigs – 2013
• Liedjie van die Jaar-nominasie – Bonnie en Clyde – Tempo Toekennigs – 2013
• #DisHoeOnsRol – 2de solo album – uitgereik in 2013
• Liedjie van die Jaar – Superhero – Ghoema Toekennings – 2014
• Pop album van die Jaar - #DisHoeOnsRol – Ghoema Toekennings – 2014
• Album van die Jaar-nominasie - #DisHoeOnsRol – Ghoema Toekennings – 2014
• Manlike Kunstenaar van die Jaar-nominasie – Ghoema Toekenning – 2014
• Pop/Sokkiedans Album van die Jaar – Huisgenoot Tempo – 2014
• Liedjie van die Jaar-nominasie - #DisHoeOnsRol – Huisgenoot Tempo – 2014
• Gewildste Liedjie van die Jaar – Naweeklyfie – Ghoema 2015
• Beste Pop Album deur Groep – Eden – Nooit Oud Raak Nie – Ghoema 2015
• Groep van die Jaar-nominasie – Eden – Ghoema 2015
• Beste Liedjie van die Jaar-nominasie – Eden – Dirty Dancing – Ghoema 2015
• Musiekvideo van die Jaar-nominasie – Naweeklyfie – Ghoema 2015
• SAMA-nominasie – Beste Pop Album – Eden – Nooit Oud Raak nie
• Pop/Sokkie album van die Jaar – Vir Liefde – Huisgenoot Tempo 2016
• Vir Liefde – duetalbum met Lianie May – 2017
• Beste Album deur ‘n Groep of Duo-nominasies – Vir Liefde – Ghoema 2017
• Beste Musiekvideo - Vir Liefde – Ghoema 2017
• Musiekvideo van die Jaar-nominasie – Da’ Vat Hy – Huisgenoot Tempo – 2017
• So Lank Sal Ek Jou Liefhê – 3de solo album – uitgereik November 2017
• Beste Musiekvideo nominasie – So Lank Sal Ek Jou Liefhê – Ghoema 2018
• Gewildste Manlike Kunstenaar van die Jaar nominasie – Ghoema 2018
• Beste Pop Album deur ‘n Manlike Kunstenaar – So Lank Sal Ek Jou Liefhê – Ghoema 2018
SOSISALE MEDIA
140 871 (01/05/2018)
Jay du Plessis
80 466 (01/05/2018)
@Jay_du_Plessis
8 073 (01/05/2018)
jay_du_plessis
BESPREKINGS & BESTUUR EKSKLUSIEF TOT
CORNÉ OOSTHUIZEN
012 – 751 3601 * 083 380 3810 * [email protected]

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre