Jennifer Zamudio

Sun. 7 Aug, 2022 1:00pm - 10:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Jennifer Zamudio

Jennifer se “ontwerperstem” sal jou wegvoer en asemloos laat aan die einde van elke optrede.  


Mense van alle ouderdomsgroepe identifiseer maklik met haar musiek, en sy het die vermoë om enige gehoor op hulle voete te kry.  


Haar musiek is lewendig en energiek, maar sy het ook die gawe om mooi strelende ballades tot hulle volle reg te laat kom.  


Jennifer glo daaraan om haar musiek na die mense toe te neem en vir hulle musiek te gee wat hulle wil hoor.  


Sy skryf ook graag van haar eie liedjies en het haarself al baie goed bekwaam op die kitaar.


Ons sien baie uit daarna om vir Jennifer op ons verhoog te verwelkom.


Kaartjiepryse:


Kinders: Onder 6 Gratis


Kinders 6 tot 12 Jaar: R80 (by die deur R100)


Volwassenes: R100 (by die deur R120)


Deure maak 11:00 oop


Dozi verwelkom vir Jennifer op die verhoog dan skop ons af met lekker musiek.


Springkastele vir die kinders, stalletjies, heerlike kos en nog vele meer.


Almal is welkom om kampstoele en sambrele te bring. Geen koelbokse of troeteldiere word toegelaat nie.



Vir enige kaartjie navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.


TELEFOON: 012 880 26 35 / [email protected]
WERKSURE:
MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM
SATERDAE 10VM – 2NM
SONDAG 10VM -1NM
PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Back to the Roots Plot 136 Rietfontein Hartbeespoort NW
Hartbeespooort, NW 0216
Join the Conversation

Follow the event with #DoziMusic