JO BLACK

Thu. 28 Sep, 2017 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R130.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R130.00
All Ages
Event Description
JO BLACK

Jo Black se debuutalbum bereik goue status binne 6 weke. 


Na maande se wag, het Jo Black sy debuutalbum, “Skepe,” vroeg in April uitgereik. Maar hy hoef nie maande te gewag het om die goeie nuus te ontvang dat verkope die 15 000-kerf verbygesteek het nie. Om die waarheid te sê, 6 weke was al wat nodig was.


Vra maar enigiemand in die musiekbedryf – dis amper ongehoord vir ‘n nuwe kunstenaar om daardie hoogtepunt so gou te bereik. Wel, nuwe kunstenaar in die sin dat dit sy eerste album is. Maar eintlik sing Jo al vir 16 jaar. Eers in kuierplekke en toe in kerke. En dis waar jy hom dalk vandag nog sou raakloop so tussendeur al sy “Be that Guy” motiveringspraatjies wat hy by skole hou om vir jongmense te sê: “Wees goed vir jouself en vir ander.” Maar toe nader musiekvervaardiger en liedjieskrywer Johan Vorster hom en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.


Die video van die titelsnit, “Skepe,” is in Desember 2016 bekendgestel, en 5 maande later staan dit reeds op meer as 1 022 000 Youtube trefslae. Dit was al klaar ‘n aanduiding dat die debuutalbum ‘n sukses sal wees, maar presies hoe groot en hoe vinnig, het Jo heel onkant gevang. Op ‘n goeie manier natuurlik. Nie dat die skielike roem na sy kop toe sal gaan nie – daarvoor hou sy vrou, Debbie, en sy twee dogters, Dinieke (7) en Miané (4), sy voete vir hom plat op die aarde. "Jo is die tipe kunstenaar wat een keer elke 10 jaar verby kom, soos 'n Bok van Blerk of 'n Theuns Jordaan. Ek glo Jo se naam sal eendag tussen die grotes van afrikaanse musiek genoem kan word" het Johan Vorster gesê.


Intussen klim die fisiese en digitale aankope van die album met sy 13 oorspronklike liedjies dag na dag. Jo het ook reeds die tweede treffer vanaf die CD bekend gestel. Met die titel “Bring die hoop weer terug,” is dit geen verrassing dat dit ‘n inspirerende liedjie is nie en dit word reeds landwyd deur radiostasies gespeel. Boonop word die musiekvideo van die nuwe treffer binnekort vrygestel. Dit sal natuurlik verder bydra tot verkope van die album in CD winkels asook op Apple Music en iTunes. Voeg daarby al die beplande optredes vir die res van die jaar, en dit word gou duidelik dat ons nog baie van die man met die baard gaan sien en hoor.


Vir meer inligting oor wat 2017 alles vir Jo Black inhou, volg hom gerus op Instagram by joblack8.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Theater 123 Amkor RD.
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre