JOSHUA NA DIE REEN - SOMERAARDE

Thu. 16 Apr, 2020 at 7:30pm SAST
All Ages
Price: R145.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R145.00
All Ages
Event Description
JOSHUA NA DIE REEN - SOMERAARDE

MEDIAVRYSTELLING


8 APRIL 2019


JOSHUA NA DIE REËN STEL SPLINTERNUWE ALBUM VRY


“Die titel van my nuwe album, is SOMERAARDE. Dit is gebaseer op die titelsnit wat ek vir my ouboet, Pierre, geskryf het. Vandat ek kan onthou, was sy hoop vir die wêreld dat almal genoeg sal hê om van te leef en dat daar vrede sal wees. Dat mense hulle volle potensiaal sal ontdek. Ek het besef dat jy daardie plek net binne jouself kan vind, en as dit ’n naam gehad het, sou myne SOMERAARDE gewees het,” verklap die gewilde musikant en liedjieskrywer, Joshua na die Reën, oor sy langverwagte nuwe album wat vanaf 12 April 2019 op alle digitale platforms landswyd beskikbaar sal wees.


Die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste vrystelling self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke soomloos te verweef met ’n interessante kombinasie van kontemporêre- en pop-klanke om ’n baie treffende eindresultaat te verseker.  

MEDIAVRYSTELLINGn8 APRIL 2019nnJOSHUA NA DIE REËN STEL SPLINTERNUWE ALBUM VRYnn“Die titel van my nuwe album, is SOMERAARDE. Dit is gebaseer op die titelsnit wat ek vir my ouboet, Pierre, geskryf het. Vandat ek kan onthou, was sy hoop vir die wêreld dat almal genoeg sal hê om van te leef en dat daar vrede sal wees. Dat mense hulle volle potensiaal sal ontdek. Ek het besef dat jy daardie plek net binne jouself kan vind, en as dit ’n naam gehad het, sou myne SOMERAARDE gewees het,” verklap die gewilde musikant en liedjieskrywer, Joshua na die Reën, oor sy langverwagte nuwe album wat vanaf 12 April 2019 op alle digitale platforms landswyd beskikbaar sal wees. nnDie musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste vrystelling self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke soomloos te verweef met ’n interessante kombinasie van kontemporêre- en pop-klanke om ’n baie treffende eindresultaat te verseker. nn“Ek het baie geleer tydens die opnameproses. Op hierdie reis het ek mense ontmoet wat soveel meer ingeploeg het as wat van hulle verwag is... Ewald Jansen van Rensburg het die vermenging van klank gedoen en dit was een van die samewerkings in my lewe wat werklik geen moeite was nie, want dis lekker as jy mense so kan vertrou. Andy Maritz het die dromvervaardiging gedoen en ek sê baie keer vir hom dat hy die album gered het,” sê hy. nnAnders as met die vorige album, Die Wêreld Binne My, wat meestal gegaan het oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister, moedig sy derde ateljee-album luisteraars aan om vrede binne hulleself te vind. Die genre is egter steeds Stadium Rock, maar buiten vir die kenmerkende kontemporêre styl, is daar ook interessante pop-elemente in party van die liedjies wat bydra tot die splinternuwe klank wat hy graag wou skep. nnElf oorspronklike snitte, waarvan een (Vlieërs) ’n duet is met die opkomende ster Liani Reynolds, neem aanhangers op reis deur die verskillende emosies van menswees en beloof om hulle aandag van begin tot einde gevange te hou en direk met die siel te praat. Die radioweergawe van Soos In Nou verskyn ook as bonussnit op die album. nnAlhoewel hy nie ’n liedjie wil uitsonder as sy gunsteling nie, glo hy dat luisteraars baie gaan hou van Branders omdat dit hom ook na aan die hart lê: “Ek het agtergekom dat soos wat die lewe aangaan en ’n mens ouer word, leef almal eintlik maar vir Desember. Toe ek dus in Desember 2017 op die strand sit en kyk na die branders, besef ek toe dat hulle alles van my af weet. Ek stort immers gereeld my hart voor hulle uit. Net so, beskou ek ook die mense wat naby my loop as branders wat die geheime van my hart dra.”nnSoos In Nou, die eerste vrystelling vanaf die album, is baie goed deur die publiek en radiostasies ontvang en pryk op talle radiostasies se trefferparades.nnDié enkelsnit, uit die musikant se eie pen, is geïnspireer deur sy liefde daarvoor om oor die lewe te filosofeer, asook die soeke na rigtingwysers op die lewenspad wat aandui dat verandering nodig is én die besef dat jy die dinge wat jou terughou moet laat gaan. “Ek ervaar die lewe soms taamlik intens. Wanneer ek bly is voel ek regtig bly, maar wanneer ek af voel sukkel ek soms om sin te maak van dinge. Op een of ander manier delf ek in daardie tye deur die bogrond van my siel en kom dan darem uit by dit wat onder dit lê,” verduidelik hy. ’n Musiekvideo vir hierdie treffende snit, sal ook binnekort beskikbaar wees. nnDie bekroonde kunstenaar, Joshua na die Reën, bekoor luisteraars reeds sedert die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014. Sedertdien het hy al verskeie musiektoekennings, waaronder verskeie Ghoema-musiektoekennings (Joshua na die Reën), ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, ’n SAMA-toekenning (Die Wêreld Binne My) en ’n Woordfees-toekenning ingepalm en temaliedjies vir verskeie flieks - Vir Altyd (vir die lokettreffer met dieselfde naam) en Voshaarnooi (vir die lokettreffer Ballade vir ’n Enkeling), televisieprogramme en –veldtogte geskep. nnBuiten vir Huisgenoot Skouspel en Gospel is Groot, het dié veelsydige ster ook al die verhoog met gesoute kunstenaars soos Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties en nog vele ander gedeel.nnJoshua na die Reën het nog baie planne vir die toekoms, wat nog baie musiek, spesiale projekte en optredes, ’n oorsese toer en temaliedjies vir flieks insluit. Sy hoop is om met sy liedjies en lirieke emosies wakker te maak wat mense al vergeet het om te ervaar en hulle te daaraan te herinner dat dit goed is om daardie emosies te voel, omdat dit al is hoe jy sal vrede vind. nnMet SOMERAARDE se noukeurige samestelling en sielvolle inhoud, voldoen hy nie net aan sy nuutste doelwit nie, maar verstewig hy ook sy plek as musikant in die bedryf. Sy nuutste vrystelling sal sommer blitsvinnig in luisteraars se harte te kruip en is ’n aanwins vir enige albumversameling. nnSNITTE OP DIE ALBUMnSoos in NounSterrenetnSomeraardenWandelnVlieërs (duet met Liani Reynders)nBrandersnChamonixnSoos die WindnSuiderkruisnSweefnOnbekende ReisnnSOSIALEMEDIASKAKELSnFacebook: https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen nTwitter: @JoshuaNaDieReennInstagram: @joshuanadiereennWebblad: www.jndr.co.za nnPUBLISITEIT & BEMARKINGnStarburst PromosiesnAlishia van DeventernSel: 083 635 4717nE-pos: [email protected] nwww.starburstmusic.co.za n

Comments
Select Tickets
Online sales are currently paused.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre