Kaggelkuiers met Anton en Vrinne Program 15
- Get Tickets
- Details
Kaggelkuiers met Anton en Vrinne word elke Sondag om 15h00 na Anton Goosen Facebook blad en YouTube kanaal gestroom.
Anton gaan jou en vrinne nooi om stories te kom deel, saam te sing en sommer lekker te gesels. Hierdie week kuier die gewilde sanger Dozi by Anton op die interaktiewe gesels program, Kaggelkuiers.
Jy staan ook 'n kans om pryse te wen deur weekliks 'n R50 lootjie kaartjie te koop op die Tixsa platform waar die wenner op die program aangekondig sal word.
Kom kuier saam die Sondag 18 Oktober 2020 met die nuwe geselsprogram waar jy werklik deur teks boodskappe kan saam gesels.
Kliek op hierdie skakel om weekliks in te skakel by die program:
https://www.facebook.com/AntonGoosen/live/
Anton se Boek: Anton Goosen Liedjieboer deur Hanlie Retief ook nou beskikbaar om te koop op hierdie platform.
Prys sluit, aflewering via PostNet in.
Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief.
Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad.
Aangrypend, eerlik en vol humor: Dit is die lewe van Anton Goosen. ’n Lewe teen die stroom op.
As jy hier jou boek bestel, kry jy 'n getekende kopie. Maak seker jy vul al die velde in met betrekking tot die boek verkope. As jy net 'n lootjiekaartjie koop of donasie gee, kan jy maar die velde vir aflewering en vrae oor jou besonderhede vir 'n getekende kopie van die boek ignoreer.
Anton Goosen Liedjieboer
Anton Goosen (born 5 March 1946) is a South African musician and songwriter. He became a pivotal figure in Afrikaans music and is generally regarded as the father of Afrikaans Rock. As a young boy in school, Goosen was not considered 'bright'. At the age of 9, his teachers sought to place him in a class for mentally challenged children as his behaviour became disruptive. When he was 17, a guidance counsellor suggested to Goosen that he abandon his music career.
Dozi
Dozi (gebore Hendrik Opperman op 23 Maart 1964) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat oor kultuurgrense bekend is vir sy Afrikaanse, Engelse en Zoeloe optredes. Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd ('n heropname), Tussen Jou en My, Staan Net 'n Bietjie Stil en Maybe my Baby; Dozi is gebore in Hluhluwe in Natal en het al op 'n vroeë ouderdom begin sing. In 1999 word sy eerste album, Mercy, vrygestel. Die album is in Zoeloe opgeneem. Sy tweede album, Op Aanvraag, word in 2001 in Afrikaans uitgegee.
- Twitter: @liedjieboer7
- Instagram: @AntonGoosen
Follow the event with #Liedjieboer