Kaggelkuiers met Anton en Vrinne Program 23

Sun. 13 Dec, 2020 3:00pm - 7:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Kaggelkuiers met Anton en Vrinne Program 23

Kaggelkuiers met Anton en Vrinne word elke Sondag om 15h00 na Anton Goosen Facebook blad en YouTube kanaal gestroom.


Neem deel en wen ongelooflike pryse. Jou lootjiekaartjie is slegs R50.00 - ons het 'n groot trekking die 13de Desember en een van die ongelooflike pryse wat julle kan wen is 'n naweek weg, drie nagte vir 6 persone by die pragtige familie gasteplaas, Sabaan. Kry solank nou jou kaartjie en staan 'n kans om hierdie lafenis te wen vir 'n vroeë Desember wegbreek. RAKA het ook 'n ongelooflike wynprys geborg. Koop nou al jou lootjies en staan 'n kans om te wen. Dis nie al nie, jy staan ook 'n kans om die super kreatiewe Jerry Glam mini bar of toolbox te wen. Trekking ook die 13de Desember.




Meer oor Raka:


Hierdie wyn is vernoem na Raka, die geliefde vissersboot van Piet Dreyer, eienaar van Raka-wyne. Die familie Dreyer beywer hulle nou om die aarde se rykdom te bewerk vir die skep van gesofistikeerde wyne. Met die ryk seën van die grond en die elemente, die hulp van 'n toegewyde arbeidsmag, die entoesiasme van wynmaker Josef Dreyer en die voordele van 'n moderne swaartekrag vloei-kelder, lewer Piet Dreyer sy bekroonde Raka-wyne.





Meer oor Sabaan: 


Sabaan verwelkom julle op ons familie gasteplaas, sentraal geleë tussen Hazyview en Sabie, met ‘n  idilliese omgewing vir vakansies, funksies, troues en konferensies.  Ons 22 ten volle toegeruste selfsorg chalets verseker dat almal gemaklik kuier en snoesig is.  Ons akkommodeer graag van enkel gaste tot groot groepe.


Sabievallei en omgewing het oorgenoeg wêreldbekende besienswaardighede en natuurlike wildelewe aktiwiteite om die Afrika Laeveld te verken.  Verskillende moontlike daaglikse, uiteenlopende aktiwiteite is beskikbaar en sal beslis aan elke smaak voldoen.  Verken die Panorama Roete met God’s Window, Blyderivier-Canyon, Graskop Glas-Hysbak, Bourke’s Luck Potholes, Mac-Mac Watervalle, Pelgrimsrus,  verskeie avontuur aktiwiteite vir die adrenalien “junkies”, en vele meer.  Die oord is ook net 30 km vanaf die Kruger Nasionale Park se Phabeni ingang.


Sabaan se unieke “rustic” venue vir troues en alle tipe funksies kan gemaklik 150 gaste akkommodeer.  ‘n Ten volle toegeruste kombuis is beskikbaar, met aparte onthaal-, opdien-, kroeg-, en braai areas, wat elke funksie ‘n absolute fees maak.  ‘n Asemrowende 180º uitsig oor die Sabierivier-vallei en ons pragtige tuine, verseker dat die venue en ons oord ‘n paradys is vir ‘n onvergeetlike ervaring en uitsonderlike foto’s.




Kom kuier saam die Sondag 13 Desember 2020 met die nuwe geselsprogram waar jy werklik deur teks boodskappe kan saam gesels.


Kliek op hierdie skakel om weekliks in te skakel by die program: 
https://www.facebook.com/AntonGoosen/live/ 




Anton se Boek: Anton Goosen Liedjieboer deur Hanlie Retief ook nou beskikbaar om te koop op hierdie platform.


Prys sluit, aflewering via PostNet in.


Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief.
Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad.
Aangrypend, eerlik en vol humor: Dit is die lewe van Anton Goosen. ’n Lewe teen die stroom op.


As jy hier jou boek bestel, kry jy 'n getekende kopie. Maak seker jy vul al die velde in met betrekking tot die boek verkope. As jy net 'n lootjiekaartjie koop of donasie gee, kan jy maar die velde vir aflewering en vrae oor jou besonderhede vir 'n getekende kopie van die boek ignoreer. 


Kontak [email protected] vir enige kaartjienavrae en of ander vorme van betalings.



 


 


 

Anton Goosen Liedjieboer

Anton Goosen (born 5 March 1946) is a South African musician and songwriter. He became a pivotal figure in Afrikaans music and is generally regarded as the father of Afrikaans Rock. As a young boy in school, Goosen was not considered 'bright'. At the age of 9, his teachers sought to place him in a class for mentally challenged children as his behaviour became disruptive. When he was 17, a guidance counsellor suggested to Goosen that he abandon his music career.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
You Tube Online
International, Gauteng 0000
Join the Conversation

Follow the event with #Liedjieboer