Kalfiefeesprogrambekendstelling | Die Vyftigers

Sun. 27 Apr, 2025 7:00pm - 8:20pm SAST
Alle ouderdomme
7 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
7 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Die VYFTIGERS – Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen, Abel Kraamsaal


Hierdie jaar is Afrikaans amptelik 100 jaar oud. Die Kalfiefees word 25 jaar oud. Tussenin is die Vyftigers. Dis nou mense wat hierdie jaar, in 2025, presies 50 jare om die son sal vier. Só, mooi in die middel, waar al die aksie lê. 


Neil Sandilands en Schalk Joubert word 50. Gian Groen & Abel Kraamsaal het pas hulle 50ste verjaarsdae gevier. Die manne skryf en speel mos ook hul eie musiek, nie waar nie? 


Ons gaan hulle almal saam op ’n verhoog kry vir ’n aand - waarin ons die afgelope 25, 50 en 100 jaar sinvol tot orde kan roep, dekonstrueer, vier en inasem. In hierdie klein en nederige reus van ’n taal, Afrikaans. 
 
Dit kán en sál gedoen word. Neil Sandilands, Gian Groen, Schalk Joubert en Abel Kraamsaal het koppe bymekaargesit en tree op, vir die heel eerste keer as “Die Vyftigers”. Mens kan nie ’n beter geleentheid verbeel om die volheid van tyd in te drink nie. Kom maak mee, vriende. Sien julle op Vryheidsdag 27 April by die Kalfiefeesprogrambekendstelling in Hermanus.


Tydsduur: 80 Minute


Geen Pouse





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Reserve Tickets
Algemene Toegangskaartjie + More Details R220.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Nederduitse Gereformeerde Kerk Kerkstraat
Hermanus, Hermanus 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees