Kameras konserte en kleedkamer stories | KOMEDIE
- Get Tickets
- Details
Kameras, konserte & kleedkamerstories
Die vertonig is ’n klets en skets konsert en Lizz vertel van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe , die chaos en kreatiwiteit , die beroemdes en berugtes , die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise.
Sy onthul die ver paaie se reis - plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, film- en tv stelle , die soms vreemde gedrag van gehore , luisteraars, kykers en die bewonderaars .
In hierdie uiters vermaaklike stuk , vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf , kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore.
’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting - dis vars, dis slim, snaaks en soms meer ernstig . Dis warmhartig, deernisvol en uiteindelik die storie van oorlewing en belewing - die verhaal van die aanslae, gelukskote , opslae en wenslae van die lewe waarmee elkeen kan indentifiseer.
Tydsduur: 70 min
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees