keelVOL | Musiekkomedie
- Get Tickets
- Details

keelVOL | Musiekkomedie
'n Bittersoet musikale komedie
Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het 'n terugslag as musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland. Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter 'n gordyn van sarkasme en harde werk. Mariëtte Labuschagne werk in 'n boekwinkel op dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank van 'n loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen is sing en "perform". Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed met n grappie of 'n storie en sy is altyd ongeremd. Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk?
Hierdie kombinasie kan óf 'n resep vir 'n ramp wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?
Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde KykNet sepie, Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as Sr Naomi Koster in Binnelanders) maak vir die eerste keer saam hulle verskyning op die verhoog in hierdie bittersoet komedie.
Dié produksie beloof om iets te wees wat die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte sal aanraak.
Kom wees deel van hierdie unieke teater-ervaring waar storie, musiek, stemme en drome saamgeweef word en kom vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in 'n wêreld wat jou soms wil stilmaak.
Datum: 8 Aug 2026
Tyd: 18:00
Plek: Ouditorium
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 60 Min
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
