Ken jy vir Dewie? | Jeug | Drama

Thu. 8 Aug, 2024 7:00pm - 8:15pm SAST
Geen o.14
Geen o.14
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Geen o.14
Event Description


KEN JY VIR DEWIE? MET Crystal Donna Roberts, Robert Hindley en Joshwin Dyson


DRAAIBOEK: Ilne Fourie


REGISSEUR: Margit Meyer-Rödenbeck


VERVAARDIGERS: Margit Meyer Rödenbeck en Ilne Fourie Dewie de Jager is ’n gewone ou.


Nie een van dié waarteen ma’s hul matriekdogters waarsku nie, maar die tipe wat skaam glimlag en dan wegkyk, want dis vir julle albei ’n verleentheid.


Wat is sy naam nou weer? Deon? Dewald? Donald? Eintlik smag almal na aanvaarding. Om te behoort.


Om ’n legende te wees waaroor almal praat. Om oral gesien te word: op klaskamermure, voorblaaie, Google soek.


Om die held te wees van elke verloorder wat sy paaltjies met rustyd moet verdedig, sy kosblik, sy knieskywe, sy bril, die lêers wat sy ma gepak het en sy snoepiegeld.


Tydsduur: 75 minute


Ouderdomsbeperking: Geen o.14




Feesnavrae: [email protected]  +27 61 5209041


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]   


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Select Tickets
Online sales are currently paused.
Venue Details
Map of Venue Location.
Hoërskool Hermanus De Villiers Street
Hermanus, Western Cape 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees