Kerskantate / Uitgestel tot volgende jaar

Sun. 12 Dec, 2021 at 4:00pm SAST
All Ages
R80.00 - R120.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R80.00 - R120.00
All Ages
Event Description
Kerskantate / Uitgestel tot volgende jaar

Die Afrikaanse Kerskantate wat op 12 Desember in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument aangebied word, is ’n historiese geleentheid vir ons kuns en kultuur.


Maria van der Mark se Kerskantate is toevallig ontdek deur die tenoor Coert Grobbelaar. Die komponis Rudolf Geldenhuis het opdrag gekry om dit te verwerk en aan te pas vir ’n simfonieorkes met soliste en ’n koor. Geldenhuis moes ook addisionele werk komponeer. Op dié wyse verhoed hulle dat die klein juweeltjie in die vergetelheid raak. 


Die bekende Suid Afrikaanse sopraan Linelle Wimbels en die bariton Andries Aldrich, sluit aan by Coert Grobbelaar, die Pretoria Simfonieorkes en die In2Nate kamerkoor om lewe in hierdie werk te blaas. Liana Simmonds (kontralto) en Loraine Hibbert (sopraan) vorm ook deel van die ensemble. 


Die kerskantate word aangebied met die samewerking en ondersteuning van die Voortrekkermonument en die FAK.


Kontak [email protected] vir enige kaartjienavrae.

Comments
Select Tickets
Online sales are currently paused.
Venue Details
Map of Venue Location.
Senotaafsaal Voortrekker Monument Eeufees Road
Pretoria, GP 0027
Join the Conversation