Kiekies - Lucas se Liedjies - Jannie du Toit & Thean Kotze

Fri. 18 May, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description


Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze ('n lid van die bekende Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.


Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en ’n legende van Afrikaanse musiek passievol aan.  Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmonieë en tekste wat iets te sê het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het – daargestel het. Lucas Maree se werk boei oud en jonk – ’n seuntjie se gewaarwordinge oor ’n treklorrie tot eindelose, doellose gesprekke tussen geliefdes en die ontdekking dat liefde nie minder word as dit weggegee word nie. Soos die tekste is die musiek ook ryk geskakeer en bied dit aan die kombinasie van kitare en stemme  baie ruimte vir eksperimentering en verskeidenheid

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
The Barnyard Theatre Plett Antlers Lodge, Askop Road The Crags
Plettenberg Bay, Western Cape 6602
Join the Conversation

Follow the event with #AfterDarkPlett