Kiepieland Kleuterskool bied aan: Die dierekonsert

Vr. 7 Aug, 2026 om 4:30nm SAST
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description


Die ark skud heen en weer. Die ark is nie sommer ’n klein ou skippie nie, daar is baie diere op die ark, twee van elke soort. Die diere op die ark voel bang maar Noag sê: “A nee a julle! Het julle vergeet?” 


Dan breek die groot oomblik aan. Die ark gaan oop en die diere is verheug om weer hulle pote op droë grond te sit. Almal wil fees vier en in ons verbeelding is dit hoe die diere dit sou doen!


Elkeen op sy eie unieke manier beeld die Kiepielanders hierdie verhaal uit en vier saam met die diere fees in Afrikaans. Afrikaans, ’n mooie taal, is eregas. Ons dra verskeie jasse op die kattebasaar, ons koes vir die krokodil en dinosourus terwyl die bobbejane die berg uitklim.


Om die Kiepieland-uitvoering ten volle te geniet, is die volgende riglyne nodig:


Skakel jou ingeboude beheerknoppie af en programmeer die algroritme in jou grysstof om ’n herberekende benadering in te neem. Die musiek is lewendig en die atmosfeer is feestelik. Niks is perfek gesinchroniseerd nie en dit is onvoorspelbaar en oorspronklik. 


Dit bly elke jaar vir ons ’n besondere voorreg om ons geliefde Kiepies se skoolkonsert op die planke te bring.


Kry kaartjies
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081