KoesterKos en StorieKos | Boekekuiers

Thu. 6 Aug, 2026 at 9:00am SAST
Alle ouderdomme
90 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
90 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Koesterkos en storiekos: ’n Smaakvolle oggend van kos, stories en geselskap


Met: Frik de Jager


Kom geniet ’n heerlike kuier-ontbyt saam met die bekende kosghoeroe Frik de Jager.


Bekend vir sy liefde vir outentieke geure en die stories agter elke resep, gesels hy oor sy gewilde kookboeke Koesterkos en Storiekos – en waarom kos vir hom oor soveel meer as net bestanddele gaan.


Tydens hierdie interaktiewe oggend deel Frik sy kookgeheime en gesels hy saam met van Suid-Afrika se gunsteling verhoogkunstenaars. Terwyl gaste aan ’n keurige ontbyt smul, kry hulle ook ’n eksklusiewe kykie agter die skerms van opkomende Kalfiefees-produksies.


Dit is ’n fees vir die sintuie waar die kuns van kook en die wêreld van teater mekaar ontmoet.


Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme




Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Reserve Tickets
Algemene toegangskaartjie R150.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Ouditorium | Banketsaal 1 Harmony Rylaan
Hermanus, Western Cape 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees