Koor skouspel met Jannie Moolman | Musiek
- Get Tickets
- Details
Pierre en Pauli Produksies bied aan: Koor Skouspel met Jannie Moolman
Bekende tenoor, Jannie Moolman, gaan sorg vir `n onvergeetlike musiekervaring waar hy saam met 3 spogkore van Hermanus gaan optree.
Jannie het studeer onder die hand van Suid-Afrika se beste musikale mentors, soos Gudrun Barella, Martia Napier en Eric Miller.
In 1992 word hy 'n solo-kunstenaar by die Pretoria Staatsoperahuis.
Hy maak sy debuut by die Kaapstad-opera as René in Die Graaf van Luxemburg in 1994, waar hy ook in verskeie ander operas gesien word.
Deur die jare heen het hy verskeie toekennings ontvang: Die FNB Vita Life-toekenning vir die belowendste sanger vir die rol van Arturo in Lucia di Lammermoor (1992), asook die Staatsoperahuis / SAA Operastigtingstoekenning (1993). Jannie het tweede plek behaal in die Marsala Internasionale Sangkompetisie in Italië en het ook die FNB Vita Life-toekenning ontvang vir die beste vertolking deur 'n manlike sanger (1997).
Die kore wat gaan optree is Pro-Musica Koor o.l.v. Louna Stofberg, Hoërskool Hermanus Koor o.l.v. Annemarie Rautenbach en die Curro Cantare Dogters-Kamerkoor o.l.v. Maike Skein.
Elke koor gaan hul beste werke ten toon stel, terwyl Jannie tussendeur die gehoor met sy goue stem gaan bekoor.
Die skouspel word afgesluit met `n massakoor uitvoering met Jannie Moolman as solis.
Feesnavrae: [email protected] | +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees