Koos Doep

So. 30 Aug, 2026 om 3:00nm SAST
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description


“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar los my uit… ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die volksmond bekendstaan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog, as daar gepraat word van “Koos” dan weet bykans enige persoon na wie daar verwys word – selfs 40 jaar ná sy dood – en is daar dadelik ’n klomp treffers wat by ’n mens opkom, waaronder Sprokie vir ’n stadskind, Kinders van die wind, Gebed en As almal ver is.


Dít is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek. Wynand Strydom bring in samewerking met Lefra Produksies hulde aan Koos du Plessis in die trefferproduksie Koos Doep. 


Met Wynand Strydom, Chanie Jonker (klavier) en Leon Gropp
Teks en regie Frans Swart


Kommentaar
Kry kaartjies
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081