KragDag Ekspo 2025

Thu. 7 Aug, 2025 at 8:00am - Sat. 9 Aug, 2025 at 5:00pm SAST
All Ages
105 days away
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
105 days away
All Ages
Event Description
KragDag Ekspo 2025

KragDag Sentraal 2025


Die Selfstandigheid-, Landbou- en Wegbreek-ekspo


Die KragDag Ekspo is ‘n uitstalkas vir selfstandigheid en volhoubare oplossings, met fokus areas soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding, vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting, entrepreneurskap en ander doen-dit-self besieling. Dit bied ’n platform vir entrepreneurs, besighede, boere en huishoudings om kennis te deel en oplossings te verken vir ’n vryheidsleefstyl.


KragDag is ’n jaarlikse versamelpunt (660 uitstallers en 34 000 besoekers in 2024) vir selfdoen-entoesiaste en innoveerders om moderne uitdagings te verken met die oog op praktiese en kreatiewe oplossings, maar dit bied ook ‘n uitsonderlike geleentheid vir ’n gesinsuitstappie en is ‘n leersame en inspirerende ervaring in ‘n karnaval atmosfeer.


Dit bied ‘n spyskaart van bedrywighede, soos die Kopskuifateljee met gedagteprikkelende gesprekke deur aktuele persoonlikhede, ‘n mengelmoes van interaktiewe aktiwiteite, lewendige demonstrasies en diere- en landbouvertonings. 


‘n Groot verskeidenheid kuierareas bied ook heerlike spys en lafenis.


Die tema van die KragDag 2025 Ekspo is "Bou 'n nalatenskap!"


Kyk gerus na die terugblikvideo van Sakeliga KragDag 2024 en sien opgewonde uit na hierdie jaar se ekspo!



KragDag skenk R5 van elke ekspo-kaartjie wat gekoop word vir die bou van die nuwe Akademia kampus. Indien jy verlang, kan jy ‘n bykomende donasie daarvoor maak op die betaal bladsy.


Ligging: Diamantvallei Landgoed, Pretoria


Datum: 7 - 9 Augustus 2025


Kaartjies



  • Vooraf: R75 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn

  • Tydens ekspo: R120 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn / hek


Parkering: Gratis beskikbaar.


Webwerf: www.kragdag.co.za



Kaartjies met trots gebring deur ontbytSAKE se

Comments
Reserve Tickets
Volwassenes + More Details R75.00
Kinders (tot 18 jaar) + More Details Free
Venue Details
Map of Venue Location.
KragDag Ekspo KragDag (Diamantvallei Landgoed)
Rayton, GP 1001