KragDag Ekspo 2026
- Get Tickets
- Details
Die Selfstandigheid-, Landbou- en Wegbreek-ekspo
Die KragDag Ekspo is ‘n uitstalkas vir selfstandigheid en volhoubare oplossings, met fokus areas soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding, vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting, entrepreneurskap en ander doen-dit-self besieling. Dit bied ’n platform vir entrepreneurs, besighede, boere en huishoudings om kennis te deel en oplossings te verken vir ’n vryheidsleefstyl.
KragDag is ’n jaarlikse versamelpunt (600+ uitstallers en 32 500 besoekers in 2025) vir selfdoen-entoesiaste en innoveerders om moderne uitdagings te verken met die oog op praktiese en kreatiewe oplossings, maar dit bied ook ‘n uitsonderlike geleentheid vir ’n gesinsuitstappie en is ‘n leersame en inspirerende ervaring in ‘n karnaval atmosfeer.
Dit bied ‘n spyskaart van bedrywighede, soos die Kopskuifateljee met gedagteprikkelende gesprekke deur aktuele persoonlikhede, ‘n mengelmoes van interaktiewe aktiwiteite, lewendige demonstrasies en diere- en landbouvertonings.
‘n Groot verskeidenheid kuierareas bied ook heerlike spys en lafenis.
Die tema van die KragDag 2026 Ekspo is "Druppels word strome, strome word riviere!"
Kyk gerus na die terugblikvideo van Sakeliga KragDag 2025 en sien opgewonde uit na hierdie jaar se ekspo!
Ligging: Diamantvallei Landgoed, Pretoria
Datum: 6 - 8 Augustus 2026
Kaartjies
- Die toegangsfooi is R135 per volwassene, maar deur jou kaartjie vooraf te koop betaal jy slegs R85 per volwassene (dus R50 afslag). Toegang vir kinders tot die ouderdom van 18 jaar is gratis, maar daar moet steeds gratis kaartjies vir hulle "gekoop" word!
Parkering: Gratis beskikbaar.
Webwerf: www.kragdag.co.za
