Kronieke van Buks | Kabaret

Thu. 6 Aug, 2026 12:00pm - 1:15pm SAST
Alle ouderdomme
90 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
90 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Die kronieke van Buks: ’n Komiese kabaret oor ’n klein hond met groot insig in ’n dorpie vol geheime


Met: André Schwartz en Bryan Schimmel (klavier)


Teks: André Schwartz
Regie: Lihan Pretorius


In die stofstrate van Paul Roux blaf Buks koning – ’n klein Chihuahua wat dink hy is so groot soos ’n renoster.


In hierdie komiese kabaret triptrap Buks van huis tot huis, hoor die skinder en ontdek die geheime.


Hy word bederf met brokkies nuus en brokkies lekkernye, en word so die toegangspoort tot die lewens van die dorpsmense.


Maar die dorp begin uitmekaar val en almal leef op die rand van chaos.


Die karakters is eiesoortig en skrikwekkend identifiseerbaar, en tussen die humor en die seer ontvou ’n wêreld wat baie nader aan die werklikheid lê as wat mens sou dink.


Die gestroopte musiek van onder andere Billy Joel word soomloos ingeweef in die narratief en vorm die hartklop van hierdie dorpie – ’n mikrokosmos van die wêreld waarin ons leef.


Tydsduur: 75min
Ouderdomsbeperking: 
Alle ouderdomme





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
Hermanus Munisipale Ouditorium 1 Harmony Rylaan
Hermanus, Western Cape 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees