Kruis van Liefde
- Get Tickets
- Details

KRUIS VAN LIEFDE
Vox Chamber Choir bied aan: "Kruis van liefde"
"Kruis van liefde" is 'n splinternuwe Afrikaanse Paasoratorium gekomponeer deur die Suid-Afrikaanse komponis, Franco Prinsloo.
Nuwe, roerende verse uit die pen van bekroonde digters prof. Hans du Plessis en prof. Bernard Odendaal, vertel die verhaal van Jesus se kruisiging. Gehoorlede word op 'n musikale pelgrimstog geneem deur die Vox Chamber Choir aan wie die werk ook opgedra is.
Franco Prinsloo se meesleurende toonsetting maak gebruik van 'n klein ensemble bestaande uit, onder andere, orrel (Andrea Kayser-Mitas "The Organist"), marimba (Magdalena de Vries - Percussionist & Marimba Specialist), timpani (Deo du Plessis) en bykomende perkussie (Faye Prinsloo).
Slegs een publieke vertoning word gehou op 4 April 2020 in die ZK Mathews Great Hall, UNISA Muckleneuk Campus, Pretoria. Kaartjies kan aanlyn by Tixsa gekoop word teen R120 of op 4 April by die deur teen R150.
Kom beleef opnuut die Paasverhaal in Afrikaans en wees getuie van die sinergie tussen die digkuns en musiek wat hierdie werk so onvergeetlik maak.
"Kruis van liefde" is moontlik gemaak deur SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en word ook ondersteun deur die Dep. Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Unisa - The University of South Africa
Komponis en dirrigent: Franco Prinsloo
Pyporrel: Andrea Kayser-Mitas
Marimba en perkussie: Magdalena de Vries
Keteltromme en buisklokke: Deo Du Plessis
Adisionele perkussie: Faye Prinsloo
Datum: 04 April 2020 (Saterdag)
Tyd: 19:30
Kaartjies: R120 aanlyn by Tixsa | R150 by die deur
Plek: ZK Mathews Great Hall, UNISA Muckleneuk Kampus, Pretoria (Address: 330 Preller Straat, Muckleneuk, Pretoria, 0002)
#Kruis_van_liefde #Paasfees #easter #choir #concert #composer #contemporary #art #UNISA #VOX #collaboration #ZKMathews #organ #percussion #singing #worldpremier #pretoria #Vox_Chamber_Choir #Viva_La_Vox #hans_du_plessis #bernard_odendaal #poetry #classical_music #vox_tribe
- Instagram: @vox.chamber.choir
Follow the event with #voxchamberchoir