Kry vir jou 'n tux Thomas | KOMEDIE
- Get Tickets
- Details
Kry vir jou 'n tux, Thomas.
Skrywer: Retief Scholtz
Met: Marion Holm en Dean John Smith.
Vervaardig deur: Artist Warehouse in opdrag van Innibos en Vryfees
Tessa Slabbert is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie. Sy wéét vanaand se funksie, en die belaglike “Toekenning vir Lewenslange Bydrae” wat sy kry, is haar smokgevreet van ʼn eksman se manier om subtiel te sê haar tyd is verby. Sý is Slabbert & Slabbert Uitgewers! Tessa gaan nie opdaag nie.
Dit sal hom en sy kriedietkaartkoket (Stacy was 'n lieflike assistent tot sy by Tessa se man begin slaap het) leer om nie met Tessa te mors nie. Stotterende Thomas het sy hande vol om Tessa te oortuig om tog maar te gaan – asof dit die belangrikste taak van sy lewe is.
Wanneer sy uiteindelik, op een voorwaarde, instem, kan hy nie anders as om te doen wat sy vra nie. Daar is baie op die spel.
Marion Holm en Dean John Smith speel die verhoog vuurwarm in hierdie nuwe komedie uit die pen van Retief Scholtz.
Daar is baie om oor te lag, maar, vir balans, nes dit maar altyd in die lewe is, is daar ook heelwat om oor te huil. Maak vas jou sitplekgordel: Tessa en Thomas het dinge om te sê.
Tydsduur: 70 min
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees