Opening: Kunsuitstalling | Kuns

Thu. 1 Aug, 2024 4:00pm - 6:00pm SAST
Belangstellendes en uitgenooide gaste
Belangstellendes en uitgenooide gaste
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Belangstellendes en uitgenooide gaste
Event Description


Kunsopening: Abagoldkoor, kunstenaars


2024 se Kalfiefees Kunsuitstalling is bevoorreg om ‘n formidabele verskeidenheid kunstenaars van die Overberg te huisves in die Multi Doel Sentrum Lusitania , Nuwe Hawe , Hermanus.


Uitsonderlike talente wat strek van grafiese ontwerp studio direkteure tot gekwalifiseerde ingenieurs en aptekers wat nou hul passies uitleef deur middel van fynkuns en handwerk.


Meester fotograwe, formele kuns lektore en onderwysers asook keramiek kunstenaars en juwele ontwerpers konvergeer saam in die Overstrand vir elf wonderlike dae.


Peter Southworth verbeeld die atmosferiese tonele van die Overberg, terwyl Louise Booth haar kliente verstom met haar wildtonele op ingevoerde Italiaanse linne.


Jenny Bowes Meyer, tekstielontwerper van beroep, betower met haar pragtige blomtonele en Irene Engelbrecht beeld ons fynbos uit op haar verruklike keramiek ontwerpe.


Ervaar die opwinding van Debbie Van Vuren se multimedia simboliese gesigstudies en Boniface Chikwenhere se dramatiese dryfhout beelde.


Hierdie en meer as 36 ander kunstenaars het saam konvergeer in baie artistieke ondernemings in Hermanus, onder andere Art in the Park, Artists Under The Sun, Village Amble Muurskilderye, Hermanus Art Circle en nou die manjifieke Artists@The Quay in die Nuwe Hawe Hermanus.


Kom besoek gerus hierdie fees vir die oog tydens Kalfiefees 1-11 Augustus.


Almal speel saam ‘n rol om Hermanus bekend te maak as die Kuns Mekka van Suid Afrika.




Feesnavrae:


[email protected] | +27 61 5209041


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35 


e-pos: [email protected]  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm


 

Comments
Reserve Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Multi Purpose Centre Westcliff Road
Hermanus, Western Cape 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees