Laerskool Mooirivier Travel in Staail 2024
- Get Tickets
- Details
Travel in staail, met net handbaggasie (en vellies aan.)
Na afloop van ‘n baie opwindende Olimpiese Spele in Parys (die een in Frankryk) en die pragtige afsluitingseremonie waartydens Klara (‘n Suid-Afrikanse sangeres) die gehoor met haar engelstem bekoor, kruis twee families se paaie op die lughawe wanneer hulle hul vlugte terug Suid-Afrika toe verpas. ‘n Verstrooide pa en ‘n nalatige toergids is te blameer vir die penarie waarin die families hulle bevind en nou moet hulle koppe bymekaarsit om ‘n oplossing te kry, aangesien die Franse lugwaardin nie van veel hulp is nie. Hesti is ‘n histeriese dogter en sy sorg vir baie drama, want sy is haastig om in die Kaap te kom vir haar fotosessie. Hesta dink natuurlik haar suster moet net ‘n “chill” pil drink. Jan, Klara en Susan verlang huis toe en sien baie uit om terug te wees by hul geliefde Tokkieland. Die mimiek kunstenaar, die familielede se beskuldigings en uiteenlopende persoonlikhede sowel as ouma Miemie en oupa Flip se hiep danspassies sorg vir baie genot terwyl almal terug verlang na Suid-Afrika toe. Die toergids, Brandon, se droom is om soos Brendan Peyper te sing en sy drome word uiteindelik waar wanneer hy geld insamel vir nuwe vlugkaartjies vir die families tydens ‘n Afrikaanse konsert op die Franse lughawe, dis sowaar Afri-Frans! Sit terug, maak vas u gordels en geniet die vlug! Suid-Afrika, hier kom ons!