Laerskool Swartkop Erfenisfees

Sat. 9 Mar, 2019 6:00pm - 11:00pm SAST
18 and Over
Price: R400.00
18 and Over
  • Get Tickets
  • Details
  • Comments
Event Stats
Price: R400.00
18 and Over
Event Description
Laerskool Swartkop Erfenisfees

Laerskool Swartkop vier hul 50ste bestaansjaar met 'n Erfenisfees!



  • WANNEER: Saterdag, 9 Maart 2019

  • WAAR: Bondev Huis, Royal Elephant Hotel, Centurion

  • TYD: 18h00

  • DRAG: Deftige Aandklere


Die Erfenisfees skep 'n geleentheid om te deel in ons 50 jaar feesvieringe met 'n uithangete, staaljies en musiek deur kunstenaar Andries Vermeulen van Oppistoep-Faam, heerlike wyn, en 'n feesveiling.


Stof u deftige of aandklere af en kom geniet die geleentheid saam met ons ouers, oud-Swarries, personeel en eregaste.


Elke kaartjie sluit in:


- Verwelkomingsdrankie


- 'n Heerlike drie-gang maaltyd


- Tafelwyn van Vrede en Lust


- Optrede en veiling deur Andries Vermeulen


- Inskrywing vir ons gelukkige trekking op die aand


Fondse wat tydens hierdie funksie en veiling ingesamel word gaan aangewend word vir tegnologie in ons klaskamers.


Veiling items kan voor die funksie begin besigtig word - items sluit in van die eerste Swarrie skool banke, gesogte wyne en whiskeys, kuns, en vele meer.


Kaartfasiliteite en 'n kontantkroeg sal op die aand beskikbaar wees.


Bestellings vir ons 50 Jaar gedenkblad en ons Vrede & Lust Feesjaar wyne kan gemaak word op die aand.


Indien u 'n tafel wil bespreek of saam met u vriende wil sit, vul asseblief die vrae volledig in aan die einde van u transaksie.


Navrae kan gerig word aan [email protected].


Indien u enige donasies wil maak kontak asseblief die skool direk.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Royal Elephant Hotel & Conference Centre Cnr Willem Botha &, Wierda Rd, Eldoraigne
Centurion, GP 0157