LEAH & LEE SCOTT - Battle of the Sexes

Wed. 9 May, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R100.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R100.00
All Ages
Event Description



Leah & Lee Scott spring 2018 weg met hulle opwindende Battle of the Sexes- toer.


Leah het bekendendheid verwerf vir haar rol in die musikale rolprent, As Jy Sing saam met Bobby van Jaarsveld met haar album, Wonderwerk Deluxe weergawe wat goue status behaal het. Van haar grootste treffers sluit in Met Jou Klere Aan, Volmaan, Jou Liefde en sy was ook nou vir twee jaar in ‘n ry Bok Radio se Vroulike kunstenaar van die Jaar met verskeie Tempo en Ghoema Musiektoekennings op haar kerfstok.


Na 11 jaar in die musiekbedryf kan Lee reeds ‘n lang lys van prestasies op sy naam skryf. Hy was nie net 2 jaar lid van die boyband – Hi-5 nie, maar het ook aan verskeie verhoogproduksies deelgeneem, waaronder Abba Magic SA, Reik na die Sterre – Die Musical en vele meer. Lee was ook deel van Jennifer Rush se Suid-Afrikaanse toergeselskap in 2015. 


Meer onlangs het hy kykNET se Musiekvideo projek gewen vir sy nuutste enkelsnit, Perfekte Vreemdeling en is ook tans die aanbieder vir die musiekprogram, Kliphard op SABC 2.


 Die vertoning sluit in medleys van die grootste groepe in musiekgeskiedenis insluitende Queen, Abba en vele meer.  Goue oues deur Aretha Franklin, George Micheal, Madonna en Elton John kan verwag word asook ‘n paar moderne pop treffers van Justin Bieber, Adele, Taylor Swift en Sam Smith.


Maar dis nie al nie – Leah en Lee gaan ook van hulle eie liedjies sing wat al op verskeie plaaslike radiostasies en televisieprogramme se ranglyste verskyn het.


 Sien uit na ‘n aand van nostalgie, sielvolle ballades en op-en-wakker hits deur twee van die beste stemme in die plaaslike musiekbedryf!

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre