LIANIE MAY

Sat. 13 Jun, 2020 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R150.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R150.00
All Ages
Event Description
LIANIE MAY

Lianie was in 2006 raakgesien. Van daar het Lianie se harde werk, determinasie en nederige persoonlikheid haar van krag tot krag laat gaan, en is sy vandag een van die land se top vroulike kunstenaars.


Lianie May het die land in 2008 bekoor met haar weghol treffer-album 'Vergeet my nie'. Van daar het die boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in die Suid-Afrikaanse publiek se harte ingekruip. Met vele albums, multi-toekennings en 'n film agter die blad, is Lianie May nie net 'n huishoudelike naam nie- maar is sy hier om te bly. 


Lianie het al vele toekennings ingepalm, maar die SAMA toekenning 2009 vir top verkoper in die land lê haar na aan die hart. Sy is die eerste debuut en blanke vroulike Afrikaanse kunstenaar wat ooit die prestasie kon verower.


Lianie en Jay se duet album VIR LIEFDE het Platinum status bereik, wat Lianie een van die min kunstenaars maak om nog met elke album Platinum Status te bereik.  


Lianie se persoonlikheid, op-en-van-die-verhoog af, maak haar een van ons land se lieflinge. Haar passie vir sang en mense skemer duidelik deur en haar vermoë om elke mens spesiaal te laat voel is onvermydelik. Sy is nie verniet een van ons land se supersterre nie, maar verdien die titel in al sy glorie.


Lianie spog ook met meer as 23 miljoen trefslae op You-Tube van al haar videos.


Sanger, skrywer, aktrise, boeremeisie – watse kuns Lianie ook al beoefen, blink sy uit in die veld. Daar staan niks verkeerd vir die boeremeisie se hande nie.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre