LIEFLINGE SE MILJOENE STEMME

Fri. 10 Nov, 2017 at 8:00pm SAST
All Ages
Price: R140.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
  • Comments
Event Stats
Price: R140.00
All Ages
Event Description
LIEFLINGE SE MILJOENE STEMME

HEMELSE HARMONIEË MET RUDI & CHARNÉ SE “MILJOENE
STEMME”



Die samesmelting van ‘n klokhelder mans- en vrouestem in duet hou ‘n eiesoortige, magiese bekoring in – iets wat Lieflinge, Rudi Claase en Charné Hugo, se splinternuwe album uitstekend beklemtoon met vokale swier en styl!



Hierdie dubbel-CD album bied ‘n diep en ryke verwewing van kraakvarse- en nostalgiese melodieë wat in ‘n kleurvolle versameling van klassieke-, lig Afrikaanseen selfs pop-klanke uiting vind.



Die album beslaan 25 snitte waarin die dawerende klanke van Rudi en Charné se stemme indrukwekkende hoogtes verken, maar sielslirieke steeds onpretensieus en gegrond in die sout, suur, bitter en soet van die lewe – in tema’s van liefde, verraad, verlange, hoop, dapperheid, vrede en vriendskap – delf.



Die eerste CD is aan keurige Afrikaanse snitte gewy – van die hoër tempo, ritmiese “Jy slaan my
asem weg”, “Miljoene stemme”, “Bang” en “Omdat ek jou liefhet” tot die rustig-aangrypende “Die
maan se trane” en “As ons oud is”. Dekweergawes van ‘n paar van Afrikaans se groot legends - soos
“Hoor jy my stem” en “Ritme van liefde” deur Rina Hugo en Dozi se “Pennies op die spoor” – is ook
hierby ingesluit.



Die tweede CD is ‘n uitsoek-verrassingspakkie met treffers wat oor dekades heen strek: van “Smoke
gets in your eyes” van die 1933 musiekblyspel, Roberta, “Try to remember” uit The Fantasticks en ‘n
lekker bietjie country in die vorm van Freddy Fender se “Before the next teardrop falls” en Patsy
Cline se “Walking after midnight”, tot ABBA se “I have a dream”, Dana Winner se “In love with you”
en Sarah McLachlan se “Angel”.
Hiermee saam is daar ook die lekker bederf van die meevoerende “Barcarolle” – ‘n Franse operastuk
uit die pen van Jacques Offenbach.
Die album het ook ‘n sterk geestelike inslag met snitte soos “Jesus gee krag”, “As al die kerke
afbrand”, “In the garden”, “Die Here wag reeds daar” en “Gloryland” – ‘n fyn, goue draadjie wat
deurgaans gerusstel dat, die storms en onsekerhede van die lewens ten spyt, ‘n Hoër Hand altyd
aktief en in liefde betrokke is.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Centurion Theater 123 Amkor RD.
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre