Liewe Heksie vlieg die land vol | Kinderteater

Sat. 8 Aug, 2026 at 10:00am SAST
Alle ouderdomme
91 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
91 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Liewe Heksie vlieg die land vol: ’n Geliefde kinderproduksie vol pret, verbeelding en avontuur


Met: Ana van Achterbergh, Botha Enslin, Elizma Byleveldt en Phillru van Achterbergh


Regie: Frans Swart


Verna Vels se geliefde Liewe Heksie bly ’n gunsteling wat geslag ná geslag diep in kinderharte kruip.


Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde kat, Mattewis, altyd naby om te help.


In hierdie vrolike produksie kuier Liewe Heksie en haar maats die land vol met twee stories in een vertoning, propvol humor en verbeelding.


Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer, waar Blommeland se koei, Botterblom, eensaam raak wanneer niemand by haar mag uitkom nie.


Ná pouse volg Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar die geheimsinnige Casper die tuindwerg vir groot opwinding en drama sorg.


Hierdie is ’n kleurvolle en speelse vertoning wat jong gehore nooi om saam te lag, te wonder en deel te word van Liewe Heksie se wêreld.


Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Reserve Tickets
Algemene toegangskaartjie R150.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Nederduitse Gereformeerde Kerk Kerkstraat
Hermanus, Hermanus 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees