LiG se aanlynlesersdag met Leah

Sat. 31 Oct, 2020 at 9:00am - Tue. 3 Nov, 2020 at 11:45pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description

LiG se aanlyn-lesersdag met Leah



LiG se jaarlikse bederfoggend sal as gevolg van Covid-19 ’n ander formaat aanneem. Ons kuier steeds gesellig saam, luister na musiek én word geïnspireer deur topsprekers. Hoewel dit nie – as gevolg van inperkingsmaatreëls – in een vertrek gaan plaasvind nie, kan jy in die gemak van jou huis aanlyn inskakel. Jy gaan ook direk verbind wees met die span op die verhoog en ons kan nie wag om dit met jou te deel nie. Nooi 'n paar vriendinne en kuier saam.


Saterdag, 31 Oktober, 9:00 – 13:00


Met Susan Coetzer, Hykie Berg en Helena Hugo



Daar is drie kaartjie-opsies:


OPSIE 1 teen R390.00 per kaartjie (NIE MEER BESKIKBAAR NIE!)



  • Toegang tot die November 2020- digitale uitgawe (ontvang in die week van die LiG aanlyn-lesersdag)

  • Spesiale Des/January 2021 - Dankbaarheidsuitgawe (digitaal)

  • Die ontvangs van ons weeklikse LiG-getuienis (digitaal) vanaf Januarie 2021

  • Kaartjie na die aanlyn-lesersdag

  • Geskenkpak met die waarde van R1000 word na jou gekoerier @ R75.00 per pakkie


Met die totale waarde van R1345.00 - SPAAR R955.00 (uitgesluit die besparing op reis- en verblyfkostes)


(Slegs 600 kaartjies beskikbaar!)


OPSIE 2 teen R235 per kaartjie (NIE MEER BESKIKBAAR NIE!)



  • Toegang tot die November 2020- digitale uitgawe (ontvang in die week van die LiG aanlyn-lesersdag)

  • Spesiale Des/January 2021 - Dankbaarheidsuitgawe (digitaal)

  • Die ontvangs van ons weeklikse LiG-getuienis (digitaal) vanaf Januarie 2021

  • 1 kaartjie na die aanlyn-lesersdag


Met die totale waarde van R345.00 spaar R110.00 (uitgesluit die besparing op reis- en verblyfkostes)


OPSIE 3 teen R130 per toestel



  • 1 kaartjie per toestel na LiG se aanlynlesersdag met Leah.

  • Nooi jou vriendinne, elkeen bring 'n bordjie eetgoed en geniet die dag saam met ons.

  • Die ontvangs van ons weeklikse LiG-getuienis (digitaal) vanaf Januarie 2021.


BESTEL DIE GESKENKPAK:



  • Ons het nog geskenkpakke beskikbaar ter waarde van R1000.00 elk.

  • Indien jy 'n geskenkpak wil aanskaf teen slegs R275.00 kan jy hier bestel.

  • Die geskenkpak gaan egter eers na LiG se aanlynlesersdag met Leah afgelewer word.

  • Maak asb seker jy voorsien die regte koerieradres as deel van die betaalproses.


Vir navrae, kontak gerus: [email protected]


Maak ’n impak – bou die toekoms met Bybel-Media se BybelBouBlok-projek (kliek op die prentjie)



Koop kaartjies só:


Besoek www.lig.co.za/lesersdag/ om jou kaartjies te koop.


Om kaartjies kontant of via EFT te koop, kontak ons kaartjie-vennoot, Tixsa by [email protected]


Vir enige navrae rondom kaartjies wat reeds gekoop is, kontak [email protected]


Jy benodig:



  • Internettoegang.

  • Die aanlyn-lesersdag word op www.watchatv.co.za gestroom.  

  • Data (met 'n swakker internetkonneksie +/-300mb per uur en met 'n goeie internetkonneksie +/-2gig per uur.)

  • Jy kan die vertoning op die volgende toestelle kyk: rekenaar, skootrekenaar, selfoon, slim-TV of enige toestel waarop jy platforms soos YouTube besoek.


Só gee ons!



Wees geseënd en sien julle by ons aanlyn-lesersdag!


Vriendelike Groete,


Amanda

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
watchaTV www.watchatv.co.za
ONLINE STREAMING INTERNET PLATFORM, South Africa 0000
Join the Conversation

Follow the event with #ligtydskrif